Zuma: ‘ANC sal vir altyd regeer’

Zuma. Foto: GCIS

Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma het ANC-ondersteuners Woensdag verseker dat die party Suid-Afrika “vir altyd” sal regeer.

“Ons sal voortgaan om die regering te bestuur vir altyd en altyd. Of hulle (teenstanders) daarvan hou of nie,” het Zuma in Zoeloe aan ANC-ondersteuners gesê. Zuma het ʼn impromptu deur-tot-deur-besoek in ʼn township in Nelspruit, Mpumalanga afgelê. Die ANC gaan Vrydag sy manifes in Mpumalanga bekend stel waarna die party se verkiesingsveldtog sal afskop. Zuma het ʼn beroep op ondersteuners gedoen om in hul massas te stem ten einde te verseker dat die ANC meer as 90% van die provinsie se stemme op hom vestig. Waarnemers voorspel dat die ANC se landswye ondersteuning vanjaar na 60% of minder sal afneem. Zuma het egter ontken dat ondersteuning vir die ANC aan die afneem is. “Hulle droom terwyl hulle wakker is. Ons gaan hulle hamer. Ons is sterker as tevore,” is Zuma deur die City Press aangehaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Tokkie ·

Ja Zuma droom voort. Duidelik ken jy nie die Bybel nie anders sou jy geweet het dit is God wat regerings aan bewind stel en ook God wat hul laat val.

Ria Maritz ·

Mag daardie woorde NIE geseend wees nie.

NS: Zuma was nog nooit wakker nie …

Sarie van Niekerk ·

Ja wel, so lank daar tipiese Afrika-verkiesings in ons land plaasvind, met die huidige verkiesingstelsel wat ons het, waar intimidasie hoogty vier, waar dreigemente van julle gaan julle huise verloor, apartheid gaan weer ingestel word as die ANC nie aan bevind is nie en vele meer, kiesings, veral die ouergeslag kiesers, dwing om vir die ANC te stem sal hulle seker vir altyd regeer, maar gelukkig hoe meer die jonger geslag geletterd raak gaan hierdie taktiek nie meer werk nie. Solank as wat die ANC belastingbetalers se geld gebruik om kiesers met kospakkies en ja spoeltoilette net voor ‘n verkiesing omkoop sal hulle regeer, maar Zuma moet net in sy onnoselheid onthou dit gaan ook nie vir altyd werk nie, maar dit is hoekom hulle verkies om die onderwysstelsel in so ‘n patetiese toestand te hou en te sorg dat miljoene mense nie kan werk kry nie, ondermeer deur miljoene immigrante in ons land toe te laat wettig of onwettig. Die latere geslagte gaan besef daar is ‘n beter manier as om vir die ANC te stem

william ·

Daar is lande in Afrika wat al meer as 50 jaar onafhanklik is en daar gaan nog steeds niks aan nie. Mense wat na 20 jaar nie kan sien dat die ANC onbevoeg en sleg is nie moet hulle koppe laat lees. Hulle het die land op n skinkbord gekry maar ongelukkig trek hulle alles deur hulle agterente. Die land verdien beter.

Chris ·

Foeitog, Zuma toon deur sy opmerkings dat sy intellek maar uiters beperk is. Groot koninkryke soos die Romeine, die Grieke en ook die Zoeloes het gedink hulle sal vir ewig regeer maar helaas laat jou hoogmoed jou tuimel.

Rudi ·

Toemaar Zoempie, die NP het ook so gedink en ons weet almal wat gebeur het. Sic semper tyrannis.

henk venter ·

By die verkiesingspunte sal hulle sterker as ooit vertoon want hulle vervolmaak verkiesings bedrog!! Derduisende stembriewe word vooraf “vervaardig” en in ongeseelde stembusse by tel sentrums afgelaai. Net spekulasie? Ek kan dit bewys! Dit was selfs deur my in persoon onder ‘n DA kandidaat in Nelspruit se aandag gebring toe ek dit gesien gebeur het en hy het dit geignoreer!!

Grassie ·

MAROELAMEDIA…..Julle haal my kommentaar af.William hierbo het gesê diegene wat nog die ANC ondersteun moet hulle koppe laat lees. Ek het geantwoord dat daar niks in die koppe is om te lees nie. Dit is nie kru of kras of vuiltaal nie. Julle laat baie erger dinge deurgaan. Indien ek ongewens is op Maroelamedia, sê so asseblief dan sal ek verkas, maar moet nie draaie met my loop nie.

george barnard ·

Ja Zuma die ou nasionale party het ook gedink Zumpie ” hoe jy dit gaan regkry is om Mugabe se vuil lokasie maniere uit te haal maar ja n mens kan enige iets van jou verwag

George Barnaed ·

Zumpie die ou. Nasionale party het ook so gedink die anc kan dit dalk regkry as hulle mugbe se lokasie maniere uit haal nou ja hulle ken van sal seker by die stem bus dit doen waaraan hulle 5 jaar lank aan oefen

Kobus ·

Soos wat die wittes onderling verdeeld is stem ek saam met Zuma.

Rudi ·

Gelukkig is dit nie net wittes wat teen die ANC stem nie anders het ons klaar verloor

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.