Zuma is ANC se presidentskandidaat

President Jacob Zuma

President Jacob Zuma

Die ANC het Saterdag gesê hy gaan nie ʼn ander presidentskandidaat as Jacob Zuma vir die komende verkiesing aanwys nie.

“Daar is mense wat sê ons wil nie ons president hê nie,” het Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, gesê. Sy het die ANC se Wes-Kaapse manifes in Delft op die Kaapse Vlakte bekend gestel. “Die beleid is dat die ANC se president ook die presidentskandidaat sal wees. Ons het nie ʼn ander kandidaat nie, en daar sal nie ʼn ander kandidaat wees nie.”

Zuma sou ʼn toespraak gelewer het by die byeenkoms, maar is deur Duarte vervang omdat hy “ander verpligtinge” gehad het. Sy het beloof dat hy met ʼn ander geleentheid die provinsie sal besoek.

Die ANC probeer gerugte van ontevredenheid oor Zuma se leierskap smoor sedert hy in Desember by oud-president Nelson Mandela se gedenkdiens uitgejou is. Die ANC het glo seker gemaak dat hy, tydens die bekendstelling van die party se nasionale verkiesingsmanifes verlede week in Nelspruit, nie aan dieselfde vernedering onderwerp sal word nie.

Die vakbondfederasie Cosatu het tydens die Wes-Kaapse bekendstelling sy steun toegesê aan die ANC.

Die algemene verkiesing sal na verwagting in April of Mei plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

william ·

Ja nee. Die korrupte ,skelm , en beginsellose man sal weer gekies word. Wanner gaan hy sy dag in die hof he? Dit is lagwekkend hoe hierdie mense dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.