Zuma beïndruk met Venda-vroue

Pres. Jacob Zuma. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma het gesê hy sou met ʼn Venda-vrou getrou het as hy nie al reeds met vier vroue getroud was nie, aangesien hulle “selfs gaan lê om respek te betoon aan ander mense,” het The Star Vrydag berig.

Volgens die berig het hy vroeër vandeesweek honderde mense by Impendle in KwaZulu-Natal toegespreek waar hy die belangrikheid van respek beklemtoon het. Zuma het gesê jong vroue en mans moet selfrespek hê en ander respekteer.

“Toe ek onlangs in Venda was, was ek so beïndruk om te sien hoe mense daar ander mense respekteer,” het Zuma glo gesê. “ʼn Vrou sou haar hande klap en selfs gaan lê om respek te betoon.”

Die president het gesê hy was beïndruk en geskerts dat as hy nie al reeds getroud was nie, hy na Venda sou gaan om ʼn vrou te kry.

Sy uitlatings word glo veroordeel deur ʼn ondersteuningsentrum in die Oos-Kaap, wat hom toespits op vroueregte. Phumla Ndende, koördineerder by die sentrum, het gesê Zuma moet eers bepaal of ʼn kultuur vroue onderdruk voordat hy sy “waardering” uitspreek oor daardie kultuur.

The Star kon nie dadelik kommentaar van die woordvoerder vir die president, Mac Maharaj, bekom nie.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Mari ·

Hehe, nou lekker gelag vir jou skerp kommentaar Willy!

My dag gemaak!

Anton Visser ·

Ja wel wat sal ek nou meer se! Preises wat hom sal pas! Pateties!

j.j.els ·

Ag nee wat, syt nie gaan le uit respek nie. Syt gaan le omdat sy weet Nkandla het nog plek vir 7 bykomende vrouens.

Eben ·

zumie los die rouens uit en bepaal liewer hoe jy uit die gemors van zumaville gaan uitkom. Terloops respek word verdien en jy doen nie!!

henk venter ·

En so verkleineer hy WEEREENS vrouens deur hulle status die keer te verlaag tot hond!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.