Zuma bekommerd oor e-tolrekeninge

President Jacob Zuma address a special media briefingPresident Jacob Zuma is bekommerd oor foutiewe e-tolrekeninge wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) vir motoriste uitgereik word, het die SAUK Maandag berig.

“Ons word gereeld ingelig dat elektroniese dinge nie foute maak nie. Ek dink dit is onaanvaarbaar, want dit veroorsaak onnodige probleme,” het hy tydens ʼn onderhoud gesê.

“ʼn Mens kan nie foutiewe rekeninge aan verbruikers stuur nie. Dit is ʼn saak wat reggestel moet word, en dit moet baie vinnig reggestel word want dit ondermyn ʼn doeltreffende stelsel.”

Hy het gesê Sanral moet die probleem hanteer.

“Ons het die kwessie aan hulle voorgehou. Ons hanteer dit baie formeel met die departement van vervoer en met die padagentskap en die twee partye werk daaraan.”

Verskeie motoriste het sedert die stelsel in Desember in werking getree het, SMS- en e-pos-boodskappe ontvang waarin betaling sonder verifikasie geëis word. Sommige mense het aangedui hulle het rekeninge ontvang, ondanks die feit dat hulle in ander provinsies bly en nog nooit op ʼn e-tolsnelweg gery het nie.

Zuma is in Oktober gekritiseer omdat hy Malawi se nasionale paaie met dié van Suid-Afrika vergelyk het in ʼn poging om die e-tolstelsel te regverdig. – SAPA

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eugenie ·

Engiets wat deur die ANC aangepak word is rampspoedig. Nee wat Zuma, jy is tog nou die laaste persoon om iets te kom sê wat ons almal reeds weet. Sanral was van die begin af ‘n flater, en dit raak net groter.

Erich Goosen ·

Zumpies, die tolpadgelde is ‘n vulletjie van jou bekommernisse. Ek sien in die media daar word erg aan jou sak gevat deur die talle bywywe en hul families in Nkandla wat op jou teer.

Petrus ·

Ek is ook bekommerd, oor baie dinge in die land, die Nkandla skandaal, die slege dienste van enige government departement. Die lang rye, die swak opleidings, die verkeerder rekeninge en die mense wat totaal en al onbekwaamd is vir hulle werk

Marie ·

Ek wonder of Barak Obama al syne gekry het….he-he. Ek worry weer oor die polisie, toi-toi, brandende bande en gisteraand se opstande …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.