Zuma bekragtig wet ondanks rigtinggewende hofuitsprake

Pres. Jacob Zuma Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma Foto: GCIS

Die vakbond Solidariteit het Woensdag sy kommer uitgespreek oor president Jacob Zuma se bekragtiging van die Wysigingswetsontwerp op Gelyke Indiensneming. Zuma probeer hierdeur verskeie kritieke hofuitsprake oor regstellende aksie ongedaan maak deur eenvoudig ʼn wet te bekragtig wat aan die regering die mag gee om juis dit te doen wat die hof as onbillike diskriminasie bestempel het.

Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, sê die wysigingswetsontwerp maak onder andere voorsiening daarvoor dat die regering die nasionale rassedemografie kan afdwing. “Dit is in teenstelling met die arbeidshof in Kaapstad se onlangse uitspraak in die saak tussen Solidariteit en die departement van korrektiewe dienste (DKD). Die hof het beslis dat aanstellings wat op grond van die nasionale rassedemografie gemaak is en waar unieke streeksverskille soos in die Wes-Kaap buite rekening gelaat word, op onbillike diskriminasie neerkom.”

Groenewald sê as gevolg hiervan en weens die skerp kritiek oor die grondwetlikheid van sekere van die wysigings moes Zuma die grondwetlikheid van die wysigingswetsontwerp in die konstitusionele hof laat toets het voor hy dit bekragtig het. “Dit is kommerwekkend dat president Zuma tog, ondanks die skerp kritiek en die grondwetlike meganismes tot sy beskikking, eenvoudig besluit het om die wysigingswetsontwerp so gou as moontlik deur te stoomroller.”

Solidariteit het reeds verskeie kere gewaarsku dat die voorgestelde wysigings sal meebring dat die wet niks meer met regstelling te doen sal hê nie, maar alles met ras. “Artikel 42(2) en 42(3) van die wysigingswetsontwerp gee te veel arbitrêre mag aan die minister van arbeid. Dit sal die minister in staat stel om regulasies uit te vaardig wat enige aangewese werkgewer kan dwing om sy personeelkorps op elke posvlak en in elke werkplek ’n weerspieëling van die nasionale rassedemografie te maak. Solidariteit voer verskeie hofsake teen staatsinstellings waar dié eensydige benadering reeds deur die regering toegepas word. Die wysigings is dus niks minder nie as ʼn poging om wetgewing in ooreenstemming met die regering se gedemonstreerde beheptheid met ras te bring,” sê Groenewald.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Willie ·

Wat verwag jy moet ek sê ????? Moet ek die besluit van ons hoogedele president goedpraat ?? Is dit waarom Maroela hier is ?? Moet ek die regering prys ????

george barnard ·

sien ek het julle lankal gewaarsku zumpie het klaar Mugabe se vuilgat maniere aangeloop .Kyk maar na die verkiesing wat kom ou zumpie gaan julle dan beter wys watse vuilgat maniere Mugabe hom geleer het wat vir hulle bestaan die Regs stelsel nie

Pop ·

Ons kan praat en mor tot ons blou is!!! Zuma en kie kan nie om hulle lewe te red die gevolge van hulle dade en besluite insien nie. Volgens hulle is Mugabe n “Hero” want hy het die witmense gewys!!!!!!Wat hy bewys het is dat hulle nou sonder die” british emperialiste” in ellende gedompel is. Sy mense stroom elders heen om nie om te kom van honger. So mense< as julle kan, gaan soek julle heil in n ander land. Vir werk gaan alle deure toemaak as jy te lig van kleur is.

JD ·

Ek wens ek kon verstaan presies wat Willie probeer sê!!!! Is hy besig om Maroela aan te val omdat hulle ons die geleentheid en voorreg gee om kommentaar te lewer? Willie ek sal dit waardeer as jy jouself wil duidelik maak wat jy probeer oordra!

Sover dit stortkop betref, ek dink hy probeer baie hard om stemme te werf by sy gelykes (sonder enige opleiding) om hom te ondersteun in die komende verkiesing!! Ek ver5moed hy weet sy dae is getel. Ek persoonlik hoop hy verdwyn van die toneel af, want ons het hom werklik nie nodig nie

Willie ·

JD, ek het probeer sê wat ek van stortkop dink en Maroela het 5 pogings afgeskiet !!!! Die vrae wat ek gestel het was aan Maroela. Lyk of Maroela nie krietiek van stortkop duld nie !!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.