Zuma besoek Lonmin-bloedbad

President Jacob Zuma

President Jacob Zuma het ʼn buitelandse besoek kortgeknip om Rustenburg te besoek. Dit volg nadat ʼn weeklange onwettige staking Donderdag in ʼn bloedbad ontaardhet.
Die National Union of Mineworkers (NUM) het Vrydag bekendgemaak dat die dodetal ná Donderdagmiddag se skietery by Lonmin se Marikana-myn naby Rustenburg tot 36 gestyg het. Die polisie moes ondermeer met rubberkoeëls, traangas en verdowingsgranate op oproerrige betogers by die myn, glo uit selfverdediging, losbrand.
Die presidensie het Vrydag in ʼn verklaring gesê Zuma het sy besoek aan Mosambiek kortgeknip waar hy die 32ste Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskapberaad in Maputo bygewoon het. Hy behoort na verwagting Vrydagmiddag in die dorp aan te kom.
“Zuma is bekommerd oor die gewelddadige aard van die betoging, veral omdat die konstitusie en arbeidswette genoeg kanale voorsien om arbeidsdispute te hanteer. Hy is ten gunste van versoeke om ‘n kommissie van ondersoek in te stel,” het Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.