Zuma besoek Mandela in hospitaal

Mandela. Foto: GCIS

President Jacob Zuma het oudpresident Nelson Mandela Donderdagaand in die hospitaal besoek.

“Madiba se gesondheid hou aan verbeter maar sy toestand bly ernstig,” het Zuma in ʼn verklaring gesê. “Ons vra steeds dat mense Madiba in hul gebede hou en hom ʼn spoedige herstel toewens.” Zweli Mkhize, tesourier-generaal van die ANC, het Zuma vergesel. Die ANC het intussen gesê hy is aangemoedig deur die president se verklaring. “Ons is dankbaar teenoor die president en tesourier-generaal dat hulle ons geliefde staatsman namens die mense van Suid-Afrika en die wêreld besoek het,” het Jackson Mthembu, woordvoerder van die ANC, gesê. Mandela is vroeg Saterdagoggend in die hospitaal opgeneem weens ʼn voortdurende longkwaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.