Zuma besoek Mandela, oorhandig vredesprys

Nelson Mandela. Foto: GCIS

Nelson Mandela. Foto: GCISs

President Jacob Zuma het Maandag oud-pres. Nelson Mandela by sy huis in Houghton in Johannesburg gaan besoek waar Zuma ʼn vredesprys aan Mandela oorhandig het.

“Mandela se gesondheid is dieselfde as die vorige keer toe die president hom gaan besoek het – kritiek maar stabiel. Mandela reageer op sy behandeling,” het Mac Maharaj, die woordvoerder van die presidensie, gesê.

“Pres. Zuma het alle Suid-Afrikaners en mense van regoor die wêreld se goeie wense aan hom en die familie oorgedra en hulle verseker dat nasies verenig in gebede vir Madiba.”

Zuma het ook die goeie wense van die leiers van die Statebond oorgedra, waarna hy ʼn leeftyd-toekenning vir wêreldvrede aan Madiba oorhandig het. Zuma het dié toekenning namens Mandela tydens sy onlangse besoek aan Maleisië in ontvangs geneem.

“President Zuma het Madiba ook ingelig dat hy uitsien na die amptelike opening van die Nelson Mandela-sentrum in Houghton later vanaand.”

Mandela word tans by sy huis in Houghton, Johannesburg behandel sedert hy op 1 September uit die Medi-Clinic Harthospitaal in Pretoria ontslaan is. Hy is vir langer as drie maande daar behandel vir ʼn voortdurende longkwaal.

Maroela Media het Sondag berig Mandela se eksvrou, Madikizela-Mandela, het gesê Mandela is baie siek en kan nie meer praat nie weens die pype in sy mond. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.