Zuma betaal R800 huur vir Nkandla

Zuma se Nkandla-woning

President Jacob Zuma betaal R800 ʼn maand om die 8,9 hektaar grond waarop sy Nkandla-kompleks gebou is, te huur.

City Press berig dat die departement van openbare werke ʼn bykomende R1 300 betaal vir 6,6 hektaar grond wat grens aan Zuma se Nkandla-kompleks. Volgens die berig is Zuma se huurkontrak vir 40 jaar, met die moontlikheid om die kontrak te verleng. Die Sondagkoerant sê hy het inligting oor die huurkontrak gekry deur wetgewing vir toegang tot inligting. Jeremy Cronin, die adjunkminister van openbare werke, het vroeër die week in ʼn onderhoud met Talk Radio 702 gesê hy is angstig vir ʼn verduideliking oor die “duidelik verregaande” koste van R206 miljoen vir opgraderings aan Zuma se privaatwoning in Nkandla. “Dit is duidelik verregaande, dit is duidelik moeilik om te regverdig.” Cronin het reageer op kommer van Lindiwe Mazibuko, die parlementere leier van die DA, oor Thulas Nxesi, minister van openbare werke, sê klassifisering van ʼn verslag oor hoe die geld spandeer is deur dit na die parlement se staande komitee oor intelligensie te stuur. Die komitee vergader agter geslote deure en sy lede is tot stilswye gesweer.

Thuli Madonsela, die openbare beskermer, het ʼn ondersoek na die opgraderings gedoen. Daar is tans bespiegelings oor of sy die verslag openbaar sal maak. Die City Press het verlede jaar berig dat Zuma slegs sowat vyf persent, of sowat R10 miljoen, van die rekening vir die opgraderings sal betaal. Die opgraderings sluit glo onder meer ʼn helikopterlandingsplek, ‘n kliniek, ʼn toegangspad, ʼn tonnel en koeëlvaste glas in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HELENA SEABORNE ·

dis darem lekker om op ander se tax geld te leef. huveel huise kon hulle ni gebou het in die swart buurtes ni? heng huveel mense kon hulle ni kos gegee het met al daai geld ni. shame met die R800 wil hy ok maar net wys hy betaal wel iets.. sal my hol skeur as hy die dag op straat sit met nix behalwe di klere aan sy gat ni.
dan gn hy wens hy het maar eerder rdp huise laat bou met al daai geld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.