Zuma betaal vir nuwe Zulu-bybel

Argieffoto

Argieffoto

Die Jacob Zuma-stigting in samewerking met die Rooms Katolieke Kerk, gaan die Bybel uit die oorspronklike Grieks en Hebreeus na isiZulu vertaal, het The Star Maandag berig.

Die projek sal na verwagting minstens drie jaar lank duur om die akkuraatheid daarvan te verseker en seker te maak dat daar nie enige weglatings is nie.

Pres. Jacob Zuma het Sondag R500 000 namens die stigting geskenk. Die projek sal deur biskop Mlungisi Dlungwane van Mariannhill in KwaZulu-Natal gelei word.

Zuma het die 32 mense, wat aan die projek gaan deelneem, geprys en gesê dit kan mense se lewens verander, berig die koerant. “Die Bybel is ʼn heilige boek. Dit is hoekom gelowiges dit moet lees soos wat dit is, en dit moet behoorlik vertaal word,” het Zuma gesê.

Hy doen ʼn beroep op sakemense om ook ʼn bydrae te lewer tot die projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AmY ·

Hmmm… Wil hy sy gewete sus? Of is sy bedoelling opreg? Daar kan mos met eerlike en opregte bedoellings geld ingesamel word vir die vertaling?

Ria Maritz ·

Inderdaad is dit DIE HEILIGE BOEK, verskoon my pessimisme, maar intussen sing Zuma “kill the boer” net so hard saam ?!?!?!

Waarom spreek hy homself nie ten sterkste uit oor die moord op Blankes ?

JB ·

Hoe seker is dit dat Zuma betaal en nie die belastingbetaler nie? Net soos hy vir sy “estate” help betaal het???

flippie ·

Wonderlik, nou kan Zuma die Bybel laat aanpas sodat als ge-oorloof en aan-vaarbaar is. Seker dat die tempel se naam dalk Ikandla kan heet. Pous aan die hoof van Romeinse ryk en sy raadgewers en wyse manne almal gestorwe en raad gewende Anc parlementslede. Strydwaens van ouds sal definitief X5 Bmw’s wees.

rieniei swart ·

HaHa Grap van die jaar tot dusver! Nogal die Rooms Katolieke! HaHa en die skenker lei ‘n duiwelse lewe en is absoluut geen voorbeeld vir enige mens nie!!! Van so ‘n onheilige kan jy net die onheilige verwag. Dus veronderstel ek in die nuwe bybel sal veelwywery wettig wees. So ook verkragtings en moord op wittes. Ook sal steel heel okey wees en die “drie enigeheid” sal seker die anc wees, soos hul gese het…net toe ek dink ekt alles gehoor! Siek spul, siek land, siek regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.