President Jacob Zuma word by Guptagate betrek, luidens ʼn eedsverklaring van ‘n senior lugmagbeampte wat Donderdag in die Beeld gepubliseer is.
“Op 17 April 2013 het Bruce Koloane my gebel en ingelig dat hy by die president was en dat die president wou weet of ‘alles op koers is vir die vlug’,” het lt.kol. Christine Anderson, ʼn sleutelgetuie van die Waterkloof-lugmagbasis, in haar eedsverklaring gesê.
“Ek het vir hom gesê ons wag steeds vir die oorvlugklaring en dat ons die vlug kan finaliseer sodra ons dit het.”
Anderson het ook bevestig dat Zuma die “Nommer Een” was na wie Koloane verwys in die departement van justisie se verslag oor die landing van die Gupta-familie se private vliegtuig by die Waterkloof lugmagbasis in April. Sowat 200 huweliksgaste van die Gupta-familie, wat noue bande met Zuma het, het met ’n gehuurde Airbus by die lugmagbasis geland, vanwaar hulle na Sun City vervoer is vir die troue van Vega Gupta (23).
“Nommer Een is die President van Suid-Afrika. Ons verwys weens veiligheidsredes nooit na die president in telefoongesprekke nie,” het Anderson gesê.
Anderson is een van vyf lugmaglede wat moontlik weens die onreëlmatigheid van die landing vervolg gaan word.
Koloane, wie se rang intussen verlaag is, was die hoof van staatsprotokol tydens die voorval.
In die verslag van die departement van justisie het hy gesê hy en ander senior beamptes het alleen opgetree.
Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, het aan Beeld gesê die presidensie het nog nooit enige kommentaar oor die Gupta-debakel gelewer buiten dat die ondersoek alle inligting moet bepaal nie. Hy het gesê die presidensie bly by dié standpunt.
– SAPA
En die waarheid is ????
En NIEMAND is verbaas nie………..
Vas vat en die waarheid is: Zumpie is die groot kokkedoor wat als goedgekeur het. Is jy dan verbaas??????
“Aaag NEE” Wragtig, ek is verstom ???
Hier gaan ‘n blik wurms oopgemaak word saam met Nkandla wat Zuma kan sink, indien dit tot die been oopgevlek word. Die anc begin reeds uitmekaar val. Is dit nie die begin van die end van die anc nie?
Weereens vertel hul ons iets wat ons laaaannnkkaal weet!!! En wat net WEER onder mat ingevee gaan word!
Nooit wie sou dit nou kon dink!
Koloane gaan oor sy skouer moet loer en met een oog oop slaap.
Die feit dat hierdie land met n skurk as president sit, is n skande vir die mensdom.
Hy kyk maar net uit vir No 1 dis maar al. Feit is ons sal nike verder van die joke hoor nie. Ek sal verbaas wees as dit verder gaan. Zuma is uit die kussings binne die volgende tydperk en ALLES word weer onder die mat gevee. ANC maak reg om Zuma te vervang want hy is n verleentheid.
My kleinseun reken “hy” is nie ‘n nommer “een” nie, maar ‘n nommer “twee”!
Skerp!!! Vlymskerp!! :-) !!!