Zuma bevorder e-tol terwyl Outa voortveg

e-tollTerwyl die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) die stryd teen Sanral se beplande e-tolstelsel in Gauteng voortgesit het, het president Jacob Zuma wetgewing, wat die weg vir die implementering van dié omstrede tolstelsel baan, onderteken.

Regter Fritz Brand het vandag uitspraak in die appèlhof in Bloemfontein voorbehou in die hofsaak tussen Outa, die Suid-Afrikaanse Padagentskap (Sanral), die minster van vervoer en die tesourie .

Volgens Outa se Mike Maritz, het Sanral nie al die faktore rondom die projek in ag geneem nie. Maritz meen ook dat Sanral nie die publiek en sakegemeenskap genoeg kans gegee het om insae in die proses te gee nie. Outa is veral ontevrede oor die buitensporige koste rondom die e-tolprojek en voer aan dat daar beslis meer koste-effektiewe maniere is om geld in te samel om Suid-Afrika se paaie te onderhou.

Sanral, daarteenoor, het beklemtoon dat hy binne die regering se ontwikkelingsbeleid opgetree het en bloot ʼn kabinetsbesluit uitgevoer het. Sanral meen voorts dat die publiek voldoende oor e-tol ingelig is en dat die pryse van e-tol ʼn aparte kwessie is.

Intussen het president Jacob Zuma vandag wetgewing onderteken wat die weg vir die insameling van tolgeld namens Sanral baan. Die presidensiële woordvoerder, Mac Maharaj sê die president het vandag die Vervoerwet en verwante sake wysigingswet onderteken. Die onderteken van die wet gee aan Sanral die groen lig om e-tol op Gautengse hoofweë in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

H J Bester ·

Outa moet maar net laat weet wanneer hul weer fondse nodig het vir voortsetting van regsaksies teen Sanral en die Owerhede – die publiek van Suid-Afrika is maar al te gretig om bydraes te maak om die aksies van Outa te help finansier.

Is ek korrek as ek beweer dat taxi’s vrygestel is van die betaling van tolgelde ?

Vas Vat ·

Hj, jy is reg oor die taxis.Outa, span die seile, ons is agter julle.

Piet. ·

Stortkop was nog skaars president of hy vertrek na New York “om met ander wêreldleiers” te vergader.Ja ja. Wanneer jy niks is en ook niks van jouself dink nie, is jy heeltemal niks nie. Of jy kan natuurlik baaaie van jouself dink, wat jou net ‘n groter niks maak.
JZ moet onthou dat wanneer jy ‘n “wêreldleier” is, dit nie beteken dat jy nie foute kan maak nie. Vandag het hy sy eie doodsvonnis onderteken. Alhoewel baie nie-blankes nie karre het nie, moet hulle almal eet en die winkels sal baie gou al hulle pryse “aanpas”. Net jammer dat, wat ook al in die toekoms gaan gebeur, die pryse nooit weer afgebring sal word nie.
Hoop dat Vavi sy stem gaan dikmaak.

G@TVOL ·

Almal het geweet dit gaan gebeur, daar is baie geld betroke en ons mooi so genaamde leiers gaan mos n cut kry, Dis waar wat hul se, die wat arm is gaan net armer raak, die wat ryk is raak net ryker. Die regering eet ons geld,,, Plus ,,,,se my hoeveel van die BILJOENE wat ETOL gaan maak gaan vir die paaie?????/ Seker ma 10%. Ek sal maar my pasport moet reg kry, want my land steel van my

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.