Zuma breek sy stilte oor ‘Guptagate’

Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma het Donderdag sy stilte oor die sogenaamde ‘Guptagate’-sage gebreek.

“Dit is jammer dat sommige beamptes en lede van die publiek sover sal gaan om die name van kabinetslede te gebruik en te misbruik vir eie gewin,” het Zuma in ʼn verklaring gesê. “Ons doen ʼn beroep vir waaksaamheid en moedig ons amptenare wat toevertrou is met die bestuur van staatsinstellings om nie te swig voor die druk van mense wat name rondgooi nie … hulle moet onmiddellik enigiemand wat so optree aan hulle seniors en wetstoepassingsagentskappe rapporteer.” Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, sê die president het nie met enige regeringsbeampte gepraat of toestemming gegee om die landing van die Gupta’s se private vliegtuig op die Waterkloof-lugmagbasis te prosesseer of goed te keur nie. “Die verslag het bevind dat president Zuma se naam gebruik is om prosedure te verontagsaam. President Zuma het ʼn beroep gedoen op wetstoepassingsagentskappe om voort te gaan met enige nodige ondersoeke wat uit die verslag gespruit het.”

Opposisiepartye was Woensdag woedend nadat Zuma nie ʼn parlementêre debat oor die kwessie bygewoon het nie. Zuma is in sy afwesigheid gekritiseer oor sy verhouding met die invloedryke Gupta-familie.

Die volledige verslag oor die Gupta-familie se private vliegtuig wat op 29 April by die Waterkloof-lugmagbasis geland het, is Woensdag openbaar gemaak. Die landing het wyd kritiek ontlok.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Wie probeer die man flous? Hoekom het dit hom bykans ‘n maand geneem om reageer? Moes hy eers sy persverklaring met die Guptas bespreek want hy sal nie sulke dinge se sonder om eers seker te maak dat sy en die ANC se geldboompie in die Guptas se agterplaas nie afgekap word nie. Die man moet regtig dink ons is almal ‘n spul ape

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.