Zuma: ‘Dienslewering in SA is uitsonderlik’

Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma sê Suid-Afrika het in 18 jaar baie meer uitgerig in terme van dienslewering as enige ander land in Afrika.

Zuma het afgevaardigdes by die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regering (Salga) se nasionale konferensie toegespreek. Hy sê sommige Afrika-lande is al langer as 50 jaar vry van koloniale heerskappy maar het nog nie soveel as Suid-Afrika vermag nie. Zuma sê ʼn gebrek aan dienslewering het dikwels te doen met probleme wat van apartheid geërf is, toe groot dele van die land geen vorm van plaaslike regering gehad het nie. “Daar is ‘n algemene neiging om te kyk na die uitdagings van die regering op alle vlakke, asof diegene wat in beheer is die probleme veroorsaak het, in plaas van waardering daarvoor te hê dat hierdie diep gewortelde uitdagings deur die verlede geskep is.” Zuma sê die regering werk hard om agterstande uit te wis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

H Smit ·

Dit is die grootste twak! Dit is nou om appels met lemoene te vergelyk en pere te kry. Waar is die statistieke om hier uitlatings te regverdig. Grenade!

Brenda ·

Shame, ja! Ruk die apartheidstroefkaart en die wereld gaan in verwondering agter hulle aan. Nee, dit is werklik apartheid se skuld dat daar hoegenaamd ENIGE vorm van infrastruktuur bestaan het met die 1994 oorname. Dit is apartheid se skuld dat Suid-Afrika VOOR 1994 gereken is as ‘n EERSTE WERELDLAND en dit is OOK apartheid se skuld dat die ANC, na die oorname, die land laat agteruitgaan en geplunder het tot ‘n DERDE WERLEDLAND! O,JA, ek vergeet, dit is mos DR HF Verwoerd, se skuld dat die swart studente so sukkel met wiskunde en wetenskap- hy het dit mos so moeilik gemaak, dat hulle dit nie kan verstaan nie!! Shame, apartheid was werklik verskriklik!!!

Mnr Bezuidenhout ·

Natuurlik Jacob. Dis hoekom jou swart mense week na week betoog oor swak dienslewering gelewer deur ander swart mense – omdat dit so GOED is. Swak Jacob, SWAK!

Dis eerder omdat die mense wat bevoegd was om goeie diens te lewer weggejaag en uitgewerk is – nie apartheid nie Jacob. “Reverse” apartheid – BEE. Blameer eerder BEE. JOU party se slegste idee voorgehou as uber kuur vir die land se probleme. Die tower “elixir”. Blegh!

Kom ons staak daaroor, en dan veroorsaak ons ‘n betoging want omdat ons gestaak (en gestaak en gestaak ens.) het bly ons agter met ons werk en kry ons nie opgevang nie! Dan kan die betogers ook agter raak met HULLE werk en dienslewering in hulle industrieë. Julle weet wat om te blameer.

LMGA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.