Zuma doen verrassingsinspeksie by polisiestasie

Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma het Vrydag ‘n verassingsbesoek aan die Sunnyside-polisiestasie in Pretoria afgelê. Dit vorm deel van die monitering van dienslewering in verskeie staatsdiensafdelings.

Zuma het na sy aankoms met lt.kol. Maisha Bopape, die stasiebevelvoerder, vergader oor misdaad in die omgewing. Van die polisiebeamptes kon hul oë nie glo toe hulle die president in die polisiestasie se gange sien stap nie. Lede van die publiek het ook opgewonde “Msholozi” (Zuma se stamnaam) geskreeu toe hulle hom gesien het.

Mac Maharaj, die president se woordvoerder, het gesê verskeie staatsdiensamptenare kan soortgelyke besoeke verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

susan ·

That is the first time a President did this.
Te veel polisie klagtes word toegesmeer.
Ek is een van Sunnyside polisie se slagoffers.
Ek is nie die enigste een op die perseel
wat deur hulle geterroriseer is nie. Hulle
beskerm eerder misdadigers. Doen hulle
dit verniet? Ek twyfel.u

H J Bester ·

Zuma sal oor sy besoek aan die Sunnyside polisiekantoor ook ‘n valse beeld van die polisie na buite gee soos wat hy onlangs beweer het dat Suid-Afrika die veiligste land is om in te woon. Die stomme president weet nie regtig wat aangaan nie omdat hy nie goed ingelig word nie – al die duisende swakhede word toegesmeer en slegs die enkele beter dinge word aan hom voorgehou. Die ANC-regering is met ‘n blufspel besig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.