Zuma en ander BBP’s se vlugte kos R282 miljoen

Lindiwe Sisulu Foto: GCIS

Lindiwe Sisulu, wat pas vervang is as minister van verdediging, het bekendgemaak dat haar departement tussen 2009 en 2012 meer as R282 miljoen spandeer het op vlugte vir president Jacob Zuma en ander BBP’s.

Sisulu het in die verlede geweier om op parlementêre vrae oor die vervoer van BBP’s te reageer. Sy het egter kort na sy as minister van verdediging afgedank is ʼn hele rits antwoorde op die vrae verskaf. Sisulu is nou die minister van staatsdiens en administrasie. Sisulu het bekendgemaak dat Zuma 286 vlugte onderneem het teen ʼn koste van R140,5 miljoen. Adj.pres. Kgalema Motlanthe het 213 vlugte onderneem teen ʼn koste van R69,7 miljoen. Oudpres. Thabo Mbeki het tussen 2009 en 2012 39 vlugte BBP-vlugte onderneem wat die departement R32 miljoen gekos het. Die gemiddelde koster per BBP-vlug beloop sowat R450 543. Sisulu het 268 vlugte onderneem teen ʼn koste van R40,5 miljoen. David Maynier, DA-LP, sê dit blyk dat Sisulu haar voorreg om weermagvliegtuie te gebruik, misbruik het. Hy sê ministers se gebruik van kommersiële vlugte moet die norm word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.