Zuma en Charlize ontmoet

Charlize Theron en pres. Jacob Zuma Foto: GCIS/SAPA

President Jacob Zuma en Charlize Theron het mekaar Woensdag by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switzerland ontmoet.

Theron en twee dokumentêre rolprentmakers is bekroon vir hul humanitêre werk. Theron het die Forum se Kristaltoekenning gewerk vir die werk wat sy doen om MIV en Vigs onder jongmense in Suid-Afrika te beveg. “Daar is ‘n ontsaglike breintrust in dié vertrek,” het sy gesê. “Ek voel of ek sommer deur osmose slimmer word!”

Die Charlize Theron Africa Outreach Project finansier programme wat ontwerp is om die verspreiding van MIV onder jong Afrikane, veral Suid-Afrikaners, te verhoed. Daar is reeds ‘n beraamde 5.9 miljoen mense in Suid-Afrika wat HIV-positief is.

Sharmeen Obaid-Chinoi, ‘n rolprentvervaardiger van Pakistan en Vik Muniz, ‘n kunstenaar van Brasilië, het ook toekennings ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.