Zuma- en Gupta-myndirekteure moet vervolg word – AfriForum

afriforum-logo-31-320x311AfriForum het Dinsdag gesê dat die Zuma- en Gupta-myndirekteure vir onwettige mynbedrywighede in Mpumalanga vervolg moet word.

“Die Idwala-steenkoolmaatskappy het verskeie wette oortree. Omgewings- en waterwetgewing bepaal uitdruklik dat die direkteure van sodanige maatskappye persoonlik aanspreeklik gehou kan word vir nalatigheid en nienakoming. Die verantwoordelike persone moet rekenskap gee,” het Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum gesê.

“Ons regering is agtelosig met die regulering en toepassing van omgewingswetgewing. Dit versterk AfriForum se standpunt oor hidrobreking, waar soortgelyke probleme ter sprake is.”

Volgens omgewingskenners het Idwala deel van ʼn vleiland verwoes; ʼn openbare pad sonder toestemming verlê al val die pad onder die beheer van die Mpumalanga provinsiale regering; besoedelde water sonder ʼn lisensie van die departement waterwese vrygestel; en in ʼn sytak van die Rietspruitrivier gemyn en die rivier sonder toestemming herlei.

“Die regering is die beskermliggaam van Suid-Afrika se minerale en waterbronne. Hulle is veronderstel om ons natuurlike hulpbronne te beskerm en volhoubare ontwikkeling en nakoming in Suid-Afrika te verseker, maar hulle misluk duidelik in hulle plig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

leon ·

Spaar my dit!!! Wie gaan hulle aankla? Daar was die rape storie, die lugmag storie en wat het gebeur ?? Minder as niks!!!!!

Eben ·

AfriForum julle blaf is erger as julle byt …. Soos Leon ter vra wie gaan hulle/hom aankla. Gaan iemand gehoor daaraan gee?

Nee wat ons is REEDS in n doktatorsskap vasgevang en besef dit nog nie. Die enigste is dat daar verhoed moet word dat die cna … ag bedoel anc 63.33% op hom trek met die komende verkiesing, maar die anc sal meer kry al is dit met korrupsie.

Sarie van Niekerk ·

Julius jy vra darem nou ontsettend baie. Wie gaan Zuma se bankrekening vol hou as die Guptas en sy eie seun vervolg moet word??? Jy weet mos dit gaan net eenvoudig nie gebeur nie, voor die einde van die week sal zoempie sorg dat die nodige permitte uitgereik word – met so ‘n ekstra hupstoot aan sy bankrekening

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.