Zuma gaan huise vir wit armes gee op Mandeladag

President Jacob Zuma gaan 18 Julie, Nelson Mandela se 95ste verjaarsdag en Mandeladag, vier deur huise te oorhandig aan die gemeenskap van Danville, wes van Pretoria.

Die Danville-projek is ʼn ‘vlagskip-projek’ om weg te doen met die Bethlehem-plakkerskamp waar arm wit mense woon, volgens Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder. Maharaj sê die president het die wit plakkerskamp reeds twee keer besoek, in 2008 en 2010. Inwoners het onder meer gekla oor die beskikbaarheid van toelaes, die behoefte aan grond om huise te bou en toegang tot basiese dienste soos gesondheid, vervoer en die verskaffing van elektrisiteit. Maharaj sê die staat se maatskaplike sekerheidsagentskap (Sassa) besoek die area gereeld en dat daar reeds ʼn mobiele kliniek verskaf is sowel as straatligte opgerig is.

Mandela-dag is op 18 Julie 2009 gestig en word sedertdien wêreldwyd gevier. Die Verenigde Nasies het dié dag tot ʼn internasionale dag verklaar. Mense word op dié dag aangemoedig om 67 minute van hul tyd op te offer om vrywillige werk te doen en aan die gemeenskap terug te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Melissa ·

Ag asseblief!!!!! Hoekom word al hierdie goed nou eers die jaar voor elections gedoen??? Ons sien reg deur julle ANC!

barbara van zyl ·

Ag kom nou ons almal weet dis net a ANC foefie om te kyk hoeveel blankes dan vir Zuma sal stem vlg jaar. Wat a grap 4 huise as daar veel meer benodig word!!!!!!!

HELENA SEABORNE ·

o please wie probeer hy fool. dis net sodat die spul vir hom kan stem en om ons ander se bekke stil te hou oor die rasisme in die land. sodra hulle vir hom gestem het word hulle uitgemoor en die huise weggevat.

Hendrik ·

mense ek dink hulle bedoel “vier” in die sin van “fees vier” en nie die numeriese waarde nie…maar nog steeds die is ‘n klomp snot, hierdie gemeenskap se bestaan word al vir lank ontken deur die groot koppe van die ANC

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.