Zuma gee aandag aan OB-verslag, spertyd geignoreer

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma sê hy het reeds goeie vordering gemaak na aanleiding van die openbare beskermer se verslag oor beweerde wanadministrasie rakende die huur van geboue vir die polisie.

Zuma en die minister van openbare werke, Gwen Mahlangu-Nkabinde, het tot Maandag om middernag gehad om op die openbare beskermer se verslag te reageer. Die openbare beskermer, Thuli Madonsela, het Zuma en Mahlangu-Nkabinde 60 dae gegee om op die verslag te reageer. Madonsela het onder meer bevind dat die polisie twee onwettige huurooreenkomste ter waarde van R1,8 miljard aangegaan het. Sy het ook bevind dat Mahlangu-Nkabinde en die nasionale polisiehoof, Bheki Cele, onregmatig en onwettig opgetree het. Zuma se kantoor sê in ʼn verklaring die persone wat in die verslag genoem is, is die geleentheid gegun om te reageer soos wat dit van die wet vereis. Die verklaring sê verder dat Zuma die verslag baie ernstig opneem en dus nie besluit het om oorhaastig op te tree nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.