Zuma gee Moedersdagboodskap

“Moedersdag is ʼn spesiale dag vir verskeie redes. Gelukkige Moedersdag aan alle ma’s en oumas van ons land.”

Dit is die boodskap wat president Jacob Zuma vandag aan alle moederfigure in Suid-Afrika oordra.

“Ek wil vir alle Suid-Afrikaanse ma’s net die beste wense toewens.  Dié dag herinner ons aan die spesiale mense in ons lewe en land; die ma’s van ons nasie. Ons dink aan ma’s in alle tipe families – families wat wel af en tevrede is; families wat in die knyp is en wat in armoede lewe; families wat vir verskeie redes ver van mekaar af is asook families wat ʼn liefdevolle hand uitstrek deur liefde en ondersteuning aan ander te bied. Die gemeenskaplike rolspeler in al dié tipe families is ʼn moeder of moederfiguur, wat ten alle tye mense verenig, asook sterkte, gemoedsrus en ondersteuning bied. Ons wens alle ma’s en oumas geluk vir dié rol wat hulle speel in die gesin, gemeenskap en land.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

frikkie ·

Zuma, hoeveel moeders het jy weduwees gemaak met jou skiet die boere uitlatings, jy moet jou bek hou en hoop jy vrek voor ons jou in den haag gaan ophang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.