President Jacob Zuma (70) is gesond en het slegs vir ʼn reeks mediese toetse gegaan, het sy woordvoerder Mac Maharaj Woensdag gesê.
Hy het reageer op media berigte dat Zuma in verskeie Durbanse hospitale gesien is. Maharaj het gesê Zuma is glad nie siek nie en is ook nie in ‘n hospitaal opgeneem nie. “Hy het net sy jaarlikse mediese toetse ondergaan. Die president was vandag by drie hospitale vir roetine-ondersoeke en is daarna deur sy dokters gesond verklaar,” het Maharaj gesê. “Die president het verskeie vergaderings vir die res van die week en vlieg later Kaapstad toe om sy verpligtinge na te kom.”