Zuma gevra vir ekstra vakansiedag

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma is gevra om Suid-Afrikaners vanjaar ʼn ekstra openbare vakansiedag te gee.

“Dit het onder ons aandag gekom dat Suid-Afrikaners gedurende 2011 slegs 11 van die 12 betaalde openbare vakansiedae sal geniet,” het die sekretaris-generaal van die vakverbond Dennis George Maandag gesê. Volgens die wet op openbare vakansiedae sal Maandag 26 Desember 2011 ʼn vakansiedag moet wees aangesien Kersdag op ʼn Sondag val. “Maandag 26 Desember is egter Welwillendheidsdag of Tweede Kersdag, wat beteken dit val buite die strekking van die wet op openbare vakansiedae,” sê George. Die vakverbond het op 18 November ʼn brief hieroor aan Zuma gestuur. George sê die presidensie het beloof om na afloop van die Cop17-beraad op die brief te antwoord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nico Strydom ·

Regstelling: Die aanvanklik berig het gesê daar word ‘n ekstra vakansiedag gevra vir 2012. Dit is egter vir 2011. Die berig is reggestel. Dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.