Zuma het ingegryp in China-teregstelling

Janice Bronwyn Linden

Die departement van internasionale samewerking en betrekkinge sê President Jacob Zuma het die tereggestelling van ʼn Suid-Afrikaanse vrou in China probeer keer.

ʼn Woordvoerder van die departement, Clayson Monyela, sê Zuma het probeer ingryp op die hoogste vlakke. “Alles moes deur diplomatieke prosesse plaasvind en daar is baie min wat daar om gedoen kan word.” Janice Bronwyn Linden (35) is Maandagoggend tereggestel nadat sy in November 2008 met drie kilogram tik in haar bagasie betrap is toe sy by die lughawe in Guangzhou geland het. Sy is in 2009 die doodstraf opgelê. Monyela sê van Linden se gesinslede was teenwoordig by die teregstelling. Een van Linden se gesinslede het aan The Mercury gesê: “Ons was in kontak met haar deur briewe. Sy het gesê sy weet nie hoe die dwelms in haar bagasie beland het nie. Haar vonnis kan nie geregverdig word nie. Hoe kan iemand se lewe geneem word vir drie kilogram tik?” Linden se liggaam sal veras word en aan die familie terugbesorg word. Volgens ʼn eNews-kanaal korrespondent in Beijing kon Linden se vonnis na lewenslank tronkstraf verander het indien sy skuldig gepleit het op die aanklagte teen haar. Linden het egter volgehou sy is onskuldig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.