‘Zuma het persoonlik gebaat by Nkandla’

Zuma se Nkandla-woning

Zuma se Nkandla-woning

Die Mail & Guardian berig vandag dat president Jacob Zuma wel persoonlik gebaat het by opgraderings aan sy Nkandla-woning in KwaZulu-Natal ondanks die regering wat volhou dat die opgraderings noodsaaklik was vir Zuma se veiligheid.

Volgens die koerant is die inligting vervat in Thuli Madonsela, openbare beskermer, se voorlopige verslag oor die opgraderings by Nkandla. Die regering hou vol dat die opgraderings noodsaaklik was vir Zuma se veiligheid maar Madonsela het glo bevind dat ʼn swembad, besoekerssentrum, amfiteater, ʼn kraal, ʼn markiestent terrein, plaveisel en nuwe huise vir familielede ook deel uitgemaak het van die opgraderings teen ʼn “enorme koste” vir belastingbetalers. Madonsela se verslag beveel aan dat president Zuma deur die parlement voor stok gebring moet word vir sy oortreding van die uitvoerende etiekkode. Volgens die verslag het Zuma die kode oortree deur nie staatshulpbronne te beskerm nie en deur die parlement te mislei deur te sê hy en sy familie het vir alle nie-veiligheidsverwante opgraderings betaal. Die verslag beweer ook onder meer dat die koste van die opgraderings van ʼn aanvanklike R27 miljoen na R215 miljoen gestyg het. Daar is glo ook nog R31 miljoen se werk uitstaande.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Dries ·

Ja, en wat gaan hom oorkom??????????? Fet mooi nokkol !!!!!!!!!!
Ek dink sy nuwe bynaam moet Teflon wees, want niks klou aan hom nie !!!

mariaan ·

Dis hoekom hulle die pers wil muilband! Dis om te verhoed dat die tipe goed uitkom.

mariaan ·

Al wat die regering nou gaan se, is dat Madonsela se verslag nie korrek is nie. Hulle sal aanhou lieg en niks oorkom nie.

Elize Mans ·

Ja,hy sal niks oorkom nie,net soos Malema ook niks oorkom nie,alle onwettige dinge word onder die mat in gevee.Hulle sorg net vir hulle eie basse.
Die tronk se binne kant sal hulle ook nie sien,net soos die ander kriminele wat nou kamma siek is.En op parool uit is.
Hierdie land se regering is n grap.

william ·

Dit is nou die leier van Suid Afrika. Die ANC is een groot misdaad sindikaat. Hierdie land het ook n veilige hawe geword vir mafia base, diktators ,pedofiele en baie ander ongure karakters

Meisie ·

Ag wat, hulle sal maar net vvir hom straf —- Jy moet dit nie weer doen nie hoor!! Ai dink net wat kon nie alles met daardie geld gedoen word nie!! Hoeveel klinieke en hospitale kon verbeter word nie.
Hoeveel van die plattelandse gebiede het nie eers ordentlike klinieke of hospitale nie.Wanneer gaan die mense wat die anc ondersteun dan besef dat die president net homself wil verryk en geen hel omgee hoe sy mense moet lewe nie. Hy sal nog die laaste bietjie wat hulle het, wegvat as dit hom bevoordeel!! Dit sal net beter gaan in Suid Afrika as ons `n President kan kry wat vir `n slag vir die mesne werk ,en nie die mense vir die President nie, maak nie saak of dit wit , swart, kleurling of wat ook al is nie, ons kort iemand wat bereid is om op te staan en vir die mense te baklei vir `n beter toekoms vir ALMAL!!!!!!!!!!!!

Stinkfinger ·

Dit is mos die publiek se plig om hulle president te beskerm ongeag die koste vir die belastingbetaler se rekening. Gun hom dit, hy bestuur die land baie goed, in die meeste mense se opinie.

Anton ·

Van al die klagtes wat teen die president aanhangig was voordat hy president geword het niks gekom nie, wat gaan hierdie 1 verskil maak. Madonsella sal eerder herontplooi word in ‘n verafgelee plek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.