Zuma hoef glo nie redes te verskaf nie

Zuma het Dinsdag veranderinge aan sy kabinet aangekondig. Foto: GCIS

Die president gebruik glo sy eie prerogatief wanneer hy lede in die Uitvoerende Raad aanstel, het die presidensie Woensdag in ʼn verklaring gesê.

“Die presidensie dra kennis van klagtes van sekere mediahuise en kommentators dat pres. Jacob Zuma Dinsdag nie redes verskaf het toe hy die veranderinge aan die Uitvoerende Raad aangekondig het nie,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, in ʼn verklaring gesê. “Die presidensie wil almal egter herinner dat die president van die republiek sy prerogatief gebruik wanneer hy nuwe lede aanstel. Hy hoef nie redes te verskaf nie.”

Die nuwe lede sal Woensdag om 15:00 by die Uniegebou hul eed aflê.

Lees ook:
Reaksie op Zuma se kabinetskommeling
Zuma pos drie ministers
Nuwe ministers en adjunkministers aangekondig

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.