Zuma-huurvlug kos meer as R6 miljoen

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

ʼn Huurvlug vir president Jacob Zuma se reis na Amerika in September vanjaar het meer as ses miljoen rand gekos.

RSG berig dat die minister van verdediging, Lindiwe Sisulu, dié inligting bekendgemaak het in ʼn geskrewe antwoord op ʼn vraag van die DA-LP, David Maynier. Sisulu sê ʼn Boeing 727-vliegtuig is gehuur om Zuma te vervoer aangesien sy vliegtuig, Inkwazi, vanaf 4 September tot die einde van November ʼn tweejaarlikse diens ondergaan en nie in gebruik is nie. Sisulu sê die huurvlug van Fortune Air, wat BBP-vervoer aan regeringsdepartemente verskaf, het R6,3 miljoen gekos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.