Zuma in Libië om konflik te bespreek

President Jacob Zuma sal vandag die Libiese hoofstad Tripoli besoek vir ʼn vergadering met die land se leier Muammar Gaddafi oor die voortslepende geweld in dié Noord-Afrika-land.

Zuma is ʼn lid van die Afrika-Unie se hoë-vlak paneel wat ʼn politieke oplossing in Libië moet beraadslag. Volgens berigte het Zuma se besoek ten doel om ʼn uitgangsplan vir Gaddafi te bespreek, in samewerking met Turkye. Die onrus in Libië duur steeds voort met Westerse magte wat hulle millitere ingryping in die land versterk. Intussen word daar berig dat Zuma ook die dood van die fotograaf Anton Hammerl met Gaddafi sal bespreek. Hammerl is op 5 April deur Gaddafi se magte doodgeskiet. President Zuma was die naweek in Nigerië vir die amptelike inhuldiging van Goodluck Jonathan as die land se president. Volgens die presidensie het Zuma van die geleentheid gebruik gemaak om bande tussen die twee lande te versterk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.