“Zuma is ʼn monster en tiran” sê Kenny Kunene

Kenny Kunene. Foto: Living Large Africa

Die flambojante sakeman, Kenny Kunene, het Vrydag in ʼn ope brief, wat op The Star se webwerf publiseer is, teen president Jacob Zuma uitgevaar en hom onder andere ʼn “monster” en “tiran” genoem.

“In die openbaar lag en glimlag jy, maar in die werklikheid tree jy soos ʼn monster op, ʼn tiran wat sy vermeende vyande genadeloos teiken. Weens hierdie vrees is dit slegs ʼn paar mense wat durf om openlik te praat,” het hy in die brief geskryf.

Kunene skryf hy het Zuma ondersteun voordat hy as president verkies is, maar hy is nou ontnugter deur Zuma se leierskap. “Ek skryf hierdie brief omdat ek nog nooit só teleurgesteld was met die ANC wat jy lei nie. Mnr. President, ek wil nie een van dié wees wat uit vrees vir jou sê dat jy klere aan het, terwyl dit duidelik is dat jy heeltemal ontbloot is nie,” het hy geskryf in verwysing na die sprokie, Die Keiser se Nuwe Klere.

Kunene skryf verder oor Zuma se verhouding met die Gupta-familie en die onlangse skandaal met die Gupta-troue, asook die omstredenheid rondom Zuma se Nkandla-woning. “In jou soeke na selfbewaring het jy harteloos geword.”

Volgens Kunene is talle mense binne die ANC te bang om hulself teen Zuma uit te spreek omdat hulle hom vrees.

“Vir dié van ons wat omgee, is die vraag nou soos [kommunis] Vladimir Lenin gevra het: ‘Wat staan ons nou te doen?’” het Kunene afgesluit.

Klik hier om die volledige brief te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elize Beukes ·

Niemand vrees hom nie…. die waarheid maak seer en dis wanneer ons seerkry deur hom te skud en te sê word wakker!

Sarie van Niekerk ·

Hy staan nie verniet bekend as die tweede Dingaan nie. Dit is maklik mnr. Kunene, help eenvoudig om in volgende jaar van die ANC ontslae te raak want dit is die enigste manier om van Zuma ontslae te raak

H J Bester ·

Dit sal nie maklik wees om van Zuma of die ANC ontslae te raak nie, maar daar is wye konsensus dat die 2014-verkiesing ‘n hele paar verrrassing sal oplewer – dalk ook skokke vir Zuma en die ANC wat swakker uit die verkiesings sal kom as alle vorige verkiesings.

Dit sal interessant wees om die polieke toneel wat tans in Suid-Afrika aan die ontwikkel is dop te hou. Die nuwe Agang-party asook die te stigte Vryheids-Party op links van Julius Malema kan dalk verrassings oplewer want beide sal hul ondersteuning hoofsaaklik uit ANC-geledere trek.

Mens kan verseker daarvan wees dat daar dalk duisende ontvredenes is soos Kenny Kunene en dat hulle ‘n politieke tuiste buite die ANC kan vind.

HELENA SEABORNE ·

bly sy eie mense begin dit raak sien. hoop een v hulle vermoor hom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.