Zuma: ‘Jy het minder regte, want jy is ‘n minderheid’

Foto: GCIS

“Jy het meer regte, want jy is ‘n meerderheid, jy het minder regte, want jy is ‘n minderheid. Dit is hoe demokrasie werk.”

Dit was president Jacob Zuma se antwoord gister op ʼn vraag in die parlement oor of hy dit sal oorweeg om arbeidswetgewing te wysig ten einde te verseker dat kleiner vakbonde nie by onderhandelinge uitgesluit word nie. Lindiwe Mazibuko, parlementere leier van die DA, het die vraag aan Zuma gestel en gesê die drumpel van 51% vir vakbondverteenwoordiging het daartoe gelei dat Amcu nie erken is by Lonmin se Marikana-myn nie en dus van loononderhandelinge uitgesluit is. “Ons werk binne ‘n gereguleerde samelewing … tussen werkers en werkgewers is daar onderhandelinge en ooreenkomste, en die ooreenkomste moet gerespekteer word,” het Zuma gesê. “In ‘n demokratiese situasie is dit die meerderheid wat seëvier. Ek kan nie die reëls verander omdat jy ‘n bepaalde punt wil maak nie. Jy kan nie dan sê, kleiner vakbonde moet op dieselfde manier met groter vakbonde vergelyk word nie.”

Zuma het na sy uitlating oor die meerderheid wat meer regte het aan LP’s gesê dit is ʼn “kwessie van om die reëls van demokrasie te aanvaar, en daarbinne voort te gaan.” ʼn Ongeïdentifiseerde LP het hierop geantwoord: “Jy verstaan nie demokrasie nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Brenda ·

Pragtig!!! So ons is ALMAL gelyk, maar ons word nie gelyk behandel nie!!! Net soos in die boek Animal Farm, het almal dieselfde voorregte en party net meer as ander (o,ja, en dan die Boer- Hy het GEEN regte nie, laat staan nog voorregte!!)

Paul ·

Ek onthou een keer by ‘n toespraak het Zuma gesê dat die Zoeloes in Suid-Afrika die meerderheid is. Hy was baie verbaas toe een van sy ministers hom onderbreek en reghelp en sê dat die Zoeloes ook ‘n minderheid is.
Hy het nie besef dat daar ‘n verskil tussen “die grootste minderheid” en “die meerderheid (50% +1)” is nie. Ongeveer 24% van die SA bevolking se huistaal is Zoeloe. Die volgende grootste groep praat Xhosa, met sowat 18% en dan kom Afrikaans met sowat 13%.
Hoewel die Zoeloes die grootste minderheid is, met 24%, is geen taalgroep ‘n meerderheid nie.

KopKrap ·

“ʼn Ongeïdentifiseerde LP het hierop geantwoord: “Jy verstaan nie demokrasie nie.” ”

Ek sou graag vir “Ongeïdentifiseerde LP” (OLP) wil ontmoet en vir hom gelukwens. Dit is net jammer dat daar nie verdere kommnetaar op sy stelling in die rubriek is nie, want duidelik ly baie mense in die land aan onkunde betreffende die term “demokrasie”.

Demokrasie vereis dat ALLE burgers GELYKE geleenthede en insprake op sake het wat hulle raak, sonder onderdrukking. Dit TEN SPYTE van meerderhede. ‘n Suksesvolle demokrasie word gemeet aan die sorg wat die kollektiewe hulle minderhede se behoeftes bevredig. Dit is amper ‘n altruistiese benadering.

Ek wil my verbeel dat gedurende die pre-1994 tydvak die einste ANC ‘n demokrasie bepleit sodat hulle ook mag deel in die regering. LW Deel in die regering.

Wat eintlik gepresipiteer het uit hierdie walglike sosiale eksperiment is dat demokrasie gelykgestel word aan popularisme/anargisme/kleptokrasie/ens.

Nou kan ‘n mens net hoop dat OLP en ander met insig, Zuma en sommer almal in die land weer te “educate” oor wat demokrasie nou werklik is. Nie dat dit enigsins die probleme gaan oplos nie. Neewat, die vegrype van hierdie “regering” en kie sal voortgaan sonder afname, maar ten minste is daar ‘n kans dat hierdie vergrype nie gedoen word asof dit demokrasie is nie.

Dan sal nie net die landsburgers nie, maar ook die wereld, besef dat die “struggle” nooit was oor ‘n strewe na demokrasie nie.

Kobus ·

Jy misgis demokrasie met ‘n federale bedeling. Zuma is heeltemal reg oor wat ‘n demokrasie is.

KopKrap ·

Ek sal dadelik my skynbare misgissing moet regstel.

Gee dan asb die definisie van beide sodat ek kan sien hoe jy en Zuma dieselfde gevolgtrekking kan maak.

Kobus ·

Ai laat ek nou jou google werk vir jou moet doen…:
Vanaf wikipedie vir democracy:
“Majority rule is often listed as a characteristic of democracy.[by whom?] Hence, democracy allows for political minorities to be oppressed by the “tyranny of the majority” in the absence of legal protections of individual or group rights.”
Nou net so terloops, in die Codesa onderhandelinge was groepregte tersyde gelaat en ‘n meer liberale grondwet verkies. Dus bogenoemde stelling is absoluut relevant.

KopKrap ·

Net jammer jy het nie ook ‘n mistasting van die definisie van federalisme aan gehaal nie.

Jyt dalk nie die tyd gehad om die “very next sentence” te lees nie “… Hence, democracy allows for political minorities to be oppressed by the “tyranny of the majority” in the absence of legal protections of individual or group rights….”

Die sin beteken dat demokrasie misbruik kan word om minderhede mee te onderdruk. Ek weet nie wat jy beoog met so ‘n oneerllike voorleg nie.

Die verkragting van ‘n konsep is nie die konsep nie. Probeer tese en anti-tese. Ek neem aan jy laat jou nie lei deur die aanvanklike definisie op dieselfde blad aangegee nie, wat lees “Democracy is a form of government in which all eligible citizens have an equal say in the decisions that affect their lives. …”

As jy vir ‘n oomblik jou vooropgestelde afleiding halt roep en weer probeer, sal jy sien vanaf die definisie van die “tese”, asook die oorsprong in demokrasie, dat demokrasie eintlik gaan oor die volle verteenwoordiging van ALLE burgers. Dit is juis die grondbeginsel van demokrasie dat die minderheidsbelange onderhou word, nie ten koste van die mederheid nie, maar ten spyte van die meerderheid.

Ek bevestig, dit was juis die aanvanklike idee van demokrasie om die meerderheid te verhoed om die minderheid te onderdruk. Presies die teenoorgestelde van jou stelling.

Verwys na die motivering en die beginsel van Affirmative Action in Amerika, Britanje, ens. Die minderheidsbelang word beskerm ten spyte van die meerderheid se apatisme daarvoor.

Dit blyk dat jou stelling wil voorgee dat die definisie van Zuma voorrang geniet bo die van die Amerikaners of Britte. Of miskien glo jy ook dat elkeen sy eie definisie daarvoor mag opstel. Dit blyk op jou wanplasing van ‘n voorbeeld van misplaaste demokrasie as die definisie daarvoor. Jy het blykbaar toegang tot al die inhoud van daardie blad, maar verkies om die tese te ignoreer en die anit-tese aan te bied as plaasvervanger.

Ek kan seker maar net spekuleer oor watter wanvoorstelling van federalisme jy dalk ook kon voortbring. Federalisme het natuurlik ook verskeie vorms asook ‘n stel anti-federalisme “masquerading” as federalisme.

Uit jou stellings wil dit blyk dat jy onder die indruk is dat jy ingeligte opinies het, indien so, sou ek voorstel jy begin eerlik met ‘n introspeksie van ‘n baie gebrekkige sienswyse.

Kobus ·

Ou Koppiekrap, ek sou voorstel dat jy ophou om die man te speel en eerder die bal. Veral jou laaste sin is hier van pas. Feit bly, wat ookal jy dink wat ‘n demokrasie is, maak nie saak nie. Jou president se konsep van demokrasie is die een wat van belang is.
En daar is al vele boeke geskryf oor die gevaar van die onderdrukking van die minderheid deur die meerderheid in ‘n demokrasie. Dis presies wat hier gebeur. Die feit dat jy weier om dit raak te sien, maak dit nie minder waar nie.

En net so terloops, vanaf Verwoerd se dae was daar telkemale gewaarsku dat dit presies is wat sal gebeur indien Suid-Afrika ‘n een man een stem beginsel aaneem. Die feit dat die liberales die waarskuwings van Verwoerd, Treurnicht en Jaap Marais geignoreer het, maak hulle aandadig aan die volksmoord en massa emmigrasie van my mense uit hierdie pragtige land van ons.

Kopkrap ·

Weereens kan ek my kommentaar nie direk onder joune plaas nie, so verskoon maar weer.

Ek kan aanvaar dat jy op ‘n stadium sal wil wegdraai van die “debat” veral nadat jy dit ongemaklik voel dat daar nou net te veel teenstrydighede met jou siening is.

‘n Goeie beginsel vir logika is om nie vanuit die wereldbeskouing van ‘n humanis te debateer nie. Die verwysings, reels en grondbeginsels het dan gewoontlik die manier om tydens die debat te verander en kan slegs deur die debateerder bepaal word.

Ek neem dus eksepsie dat die amptelike definisie van demokrasie aan my toe gedig word. Ek was nie by meer as 2000 jaar gelede toe die Grieke dit ge-“coin” het nie. Ek glo ook nie reinkernasie nie.

Jou poging om my kommentaar toe te skryf aan ad hominem aanvalle is redelik gebrekkig. As ek nie met ‘n punt saamstem nie is daar geen diplomatiese manier om dit te doen nie. As jy ‘n stelling maak is net jy daarvoor verantwoordelik, of dit jou eie is en of jy iemand napraat, neem jy die verantwoordelikheid vir die moontlike sotheid daarvan.

Dit is volgens my beperkte ondervinding baie duidelik dat die “kumbaja” sindroom gewoontlik voorkom wanneer die debateerder nie ‘n clue het waaroor hy praat nie, deur dat hy ‘n escape route kan neem deur hom te beroem op “geen kretiek” vs “ad hominem aanval” nie.

Dit is natuurlik net vir die wat belangstel nodig om nie hulle eie definisies in debatte te propageer nie. ‘n Ou staan altyd die gevaar om uitgehaal te word oor eie definisies omdat logika dit nie verdra nie. Die stellings gemaak in ‘n debat wat gevolg word deur ‘n valid gevolgtrekking voorveronderstel dat die stelling korrek is. Wanneer jy ‘n stelling maak gebaseer op ‘n onwaar definisie volg dit noodwendig dat jy geen valid gevolgtrekking kan maak nie.

Dit is ook ‘n logiese fout (logic fallacy) om jou te beroem op die mening van die meerderheid. As iemand geloof wil sit op wat die “meeste mense glo” dan is dit ‘n beroep op populariteit en nie feite nie. Dit skeel my min wat die meerderheid se, dit skeel my egter ongelooflik oor wat die waarheid is.

Daar is ‘n les te leer in alles wat ‘n ou aanpak. Ek stel voor dat die les hier te leer is, moenie sommer goedsmoeds twak stellings maak en dan weghardloop nie.

Ek het nooit beweer ek het ‘n argument gewen nie, want die vorm van wat die debat gehad het is om die aanvanklike stellings (premise) korrek te kry alvorens gevolgtrekkings gemaak is.

Natuurlik sal iemand wat nie die gevolg verstaan van inkorrekte aanvangstellings emosioneel raak indien die persoon besef dat die gronde waarop hy probeer staan nie bestaan nie.

Kopkrap ·

Kobus ek sou jou graag hierdie antwoord geplaas het by jou laaste reaksie, maar dit blyk nie moontlik te wees nie aangesien daar net ‘n “permalink” skakel is en nie ‘n “Antwoord” skakel nie.

Hoop hieride antwoord word nou gemis agv die gebrekkige skakels nie.

Ek moet jou terug verwys na die berig en my eerste kommentaar en dan jou laaste kommentaar.

As jy ‘n oomblik vertoef by die verskillende stellings sal jy agterkom dat beide die “Ongeïdentifiseerde LP” en ek Zuma aanvat op ‘n WANPERSEPSIE. Dit beteken dat hy demokrasie verkrag omdat hy nie verstaan hoe dit werklik BEHOORT te werk nie.

Dan sal jy ook agterkom dat daar reeds in die berig en my eerste antwoord ‘n aanklag teen Zuma is aan vergrype.

Jy sal verder besef dat wat jy se in jou laaste antwoord, nl “… daar is al vele boeke geskryf oor die gevaar van die onderdrukking van die minderheid deur die meerderheid in ‘n demokrasie… ” presies dit is wat die “Ongeïdentifiseerde LP” en ek gese is. In ‘n WARE demokrasie sal die meerderheid nie die minderheid onderdruk nie.

As dit wel die geval is, is dit nie meer ‘n demokrasie nie, maar ‘n SKYN demokrasie.

‘n Skyn demokrasie is natuurlik ook nie ‘n federale staat nie, dit is presies wat dit se dit is, ‘n VALSE/SKYN/ILLUSIE demokrasie.

Ter verduideliking, Zuma se “Jy het meer regte, want jy is ‘n meerderheid, jy het minder regte, want jy is ‘n minderheid. Dit is hoe demokrasie werk.”

Om dit dan blatant te se, is dat die teenstelling van Zuma iets soos die sal wees “Almal het eweveel regte in ‘n demokrasie. As Zuma dit nie ondersteun nie, is hy anti-demokraties.” DWS dit is ‘n stelling teen Zuma, en nie vir hom nie. Dit behoort voor die hand liggend te wees.

Die aanklag teen Zuma is dan om te se dat hy oneerlik is as hy voorgee dat sy vergrype in die naam van demokrasie is, hy lieg dan, en mislei die burgers met sy WANVOORSTELLING.

Jy moet miskien net eerlik weer gaan lees wat gese is en nie begin stry omdat jy ‘n spesifieke definisie wat jy self bepaal het wil aanhang nie.

Om dit bo alle twyfel te stel, jy vermoed dat demokrasie = “een-man-een-stem”. NEE, demokrasie is nie een-man-een-stem nie. Demokrasie kan deur vele manier bepaal word, waarvan een ‘n gestemmery is. Die stemmery kan dan ook proporsioneel wees. Of daar kan besluit word dat “flip ‘n coin” dit moet bepaal. Feit is, demokrasie is ‘n regeringsvorm en NIE DIE WYSE waarop ‘n regeringsvorm aan bewind kom nie.

Om te bevestig : Demokrasie ≠ “een-man-een-stem”

Waar jy die spyker op die kom slaan is dat die probleme deur liberaliste veroorsaak is en word. Liberaliste en humaniste is voeels van enerse vere. Hulle definisies van onderwerpe verander by die dag, hel, elke ou kan selfs sy eie weergawe he.

Die probleem met humaniste is dat mense soos Zuma hulle eie definisies mag opdis en dit dan as ‘n wettige definisie beskou word. Die humanis sal in sulke gevalle net sy eie definisie uitdink en dit sal vir hom goed genoeg wees dat hy so “slim” mag wees. Solank hy net nooit die ander ou wat ook ‘n humanis is, kritiseer nie.

Om enige groep mense ordelik te laat saam leef, hetsy van eie soort of baie verskillende soorte, is dat definisies absoluut is en onveranderbaar is. Anders lei kommunikasie daar onder soos deur jou hier bewys is.

Net ‘n ander punt wat blykbaar ook absolute definisie nodig het, is die “aanval van die persoon” of dan “ad hominem” aanvalle. As ek jou gevolgtrekking aanvat en se jy moet kognitief iets daaraan doen om dit te verander, is dit nie persoonlik nie. Dit dui slegs ‘n gebrek van een van jou vele talente aan.

As iemand persoonlik raak dan beteken dit dat slegs die persoon wat aangeval word inverband met die aanval gebring kan word. Jou siening is glad nie so uniek nie. Daar is baie mense, ek sou wou se, die meeste mense het ‘n probleem met behoortlike definisies en gesonde logika. Die probleem le by verantwoordelikheid, wat dit moontlik maak om ook selfkrities te kan wees.

So ontspan maar net, jou persoon is nog heeltemal “in tackt”, dit is jou redenasie wat gesneuwel het. Dit het jou presies drie kommentare geneem om dieselfde te se as wat “Ongeïdentifiseerde LP” en ek aanvanklik gese het, net in ander woorde, en nogsteeds sal jy seker se dat dit nie so is nie.

Ek het nou baie tyd en moeite gedoen om die voor die hand liggende aan jou breedvoerig te stel.

Ek vermoed dat jy moedswillig was om sulke stellings te maak en een of ander perverse plesier daaruit put om bollie op webblaaie te praat.

Kobus ·

Neeman Kropkrap, jou antwoord was hoogs oneerlik. Jy kan nie vir ‘n deelnemer in debat met jou die volgende sê en dan maak asof jy nie die man gespeel het nie:
– “Ek kan seker maar net spekuleer oor watter wanvoorstelling van federalisme jy dalk ook kon voortbring.”
– “ek stel voor…jy begin eerlik met ‘n introspeksie van ‘n baie gebrekkige sienswyse.”
– “Dit dui slegs ‘n gebrek van een van jou vele talente aan.”
“- Ek vermoed dat jy moedswillig was om sulke stellings te maak en een of ander perverse plesier daaruit put om bollie op webblaaie te praat.

Verder ook kan jy nie selfvoldaan verklaar jy het ‘n debat gewen nie. Jy kan of my ooreed, of ‘n ander neutrale party kan vir hulself oordeel wie se standpunte vir hulle die meeste sin maak.

Laastens jy praat van die absolute van definisies en verklarings. Jy het nog geensins duidelik gemaak wat jy onder ‘n demokrasie verstaan nie. Al wat ek nog gelees het is dat jy kan oordeel wanneer ‘n demokrasie na jou sin werklik of skyn te wees, en dat een mens een stem nie ‘n demokrasie is nie. Meeste mense sal met jou definisie verskil, maar moenie dat dit jou stop nie.

Ek raak nou in elk geval dik om met jou op jou troontjie te debatteer, met jou lessies oor tese en anti-tese, ad-hominem ens. Mag dit met jou geweldig gaan.

Berries ·

Ek moet saam jou stem, Zuma se stelling was reg oor Demokrasie, die idee van Demokrasie is dat almal ewe hoeveelheid regte het in land sake, of beter gestel regering sake, die context wat hy dit gebruik het was net bietjie misleidend spesifiek in Suid Afrika met die klem op die Wit mense wat in die minderheid is en die idee Demokrasie was nog altyd as jy n se het kan jy n verskil maak. DIt maak jou nogsteeds kwaad want dit wys meer as net n blinde stelling, maar die mentaliteit wat die regering dra as dit kom by land sake, my persoonlike opinie is dat as hy gefokus is op n regverdige bedeling soos n Demokratiese sisteem aanwys van alle {rasse spesifiek in Suid Afrika} en mense gee jy nie so antwoord nie. Ongelukkig kan ek nie komentaar lewer oor die federale bedeling nie, want ek dra niks kennis daarvan nie, kan ek net byvoeg ek dink nogsteeds Zuma is vergelykbaar met n aap

KopKrap ·

Berries, ek weet nie met wie jy saamstem nie.

Lees my antwoord en die behoorlike definisie van demokrasie aan Kobus.

Mike ·

So uit die perd se bek. Dit is Afrika demokrasie waarteen Dr A P Treurnicht en Jaap Marais ons gewaarsku het voor die 94 verkiesing.

Albert ·

Om op ‘n suiwer meriete grondslag te kwalifiseer vir enige iets sal vir die ANC nooit aanvaarbaar wees nie, omdat hulle goed besef hulle sal dan uit die bus uitval, daarom sal hulle dit ten alle koste vermy en wegredeneeer.
Die enigste manier om by hierdie meriete ‘probleem’ verby te kom is om die getalle verhouding te misbruik met drogredenasies soos om te eis dat die werksplek demografies verteenwoordigend moet wees.
Dit enigste uitweg op hierdie stadium blyk te wees om dit in n hof en selfs die grondwetlike hof uit te sorteer en vir eens en vir altyd uitklaring te kry.
Rasionele en goeie beredenering gaan hierde mense nie roer nie.

Kobus ·

Zuma is natuurlik heeltemal reg, en dis presies waarteen gewaarsku was met verradelike oorgawe van FW de Klerk. In ‘n demokrasie het die minderheid geen regte nie, wigte en teenwigte tel vir niks.

Berries ·

Dit maak jou kwaad, maar die onbevoegdheid van ons president maak my net lag, nie omdat dit snaaks is nie maar in n mate onrealisties. Jy kan die aap uit die bos uithaal maar nie die bos uit die aap nie, haha wat my regtig verbaas is nie die aap, wat hom president noem nie, maar die mense wat hom in sy posisie gesit het.

SANETTE HENNING ·

Mooi man al is jy onbevoeg en min ondervinding sal die meerderheid die pos kry bo die minderheid wat bevoeg is en ondervinding het. Hierdie BEE is duidelik orals sigbaar . Gesondheidsdepartemente is bankrot, min of geen behandeling moontlik in staatshospitale. Munisipaliteite is bankrot-skoon drinkwater is nie beskikbaar want weens wanbestuur is geld n probleem- die minderheid betaal getrou rekenings en erfbelasting terwyl meerderheid net neem.Onderwys is 4de laagste op wereld ranglys. Polisie is net beskikbaar as daar voertuie is- geldprobleem, hul slaap aan diens soos in Ermelo…. Bedrog en vergrype is algemeen deur die meerderheid ten koste van hul sukkelende meerderheid Nou ja dis die meerderheid en gaan kyk hoe swaar kry die meerderheid wat nie werk het en nie na gekyk word na die meerderheids regering terwyl die minderheid die grootste bydrae maak tot belasting. Nou ja ek is deel van minderheid wat hierdie land opgebou het om te sien hoe die meerderheid vinniger agteruit gaan in plaas om op te bou. Volgens grondwet het almal gelyke regte mnr Zuma so eintlik maak jy met die stelling jou eie grondwet wat deur jou party opgestel het belaglik en laat dit Suid Afrika belaglik lyk. Doen so voort meerderheid en vernietig julself

KopKrap ·

Vir die wat dalk net nie die opvolg artikel gelees het nie, en nog steeds in die war is oor wat ‘n demokrasie veronderstel is om te wees, lees hierdie berig http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/zuma-se-uitlatings-verkeerd-verstaan/

Ek hoop van harte dat mense soos Kobus ook hierdie opvolg artikel kan oorweeg om te besef dat demokrasie nie gelyk is aan een-mens-een-stem nie, en verder dat Zuma nie omgee hoe hy demokrasie verkrag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.