Zuma kap Manuel oor apartheid-uitlating

President Jacob Zuma

President Jacob Zuma het Woensdag tydens ʼn gedenkdiens vir die gestorwe anti-apartheidsvegter, Chris Hani, gesê die land worstel steeds weens apartheid se nalatenskap.

Zuma het tydens ‘n kranslegging by die Thomas Titus Nkobi Memorial Park in Elspark, oos van Johannesburg, tydens die 20ste herdenking van Hani se sluipmoord, reageer op minister Trevor Manuel se uitlating dat die regering moet ophou om apartheid vir alles te blameer.

Zuma het gesê hulle (die regering) lewe nie in ʼn illusie nie. “Dit is onmoontlik om ʼn volle verandering in slegs 20 jaar te te bewerkstellig. “Apartheid se wortels is te diep gegrond en strek te ver terug. Dit is onmoontlik om alle probleme wat apartheid veroorsaak het in so ʼn kort tydperk op te los, tensy jy ʼn towenaar is,” het hy tydens sy toespraak gesê.

Maroela Media het verlede week berig Manuel, die minister in die presidensie, het tydens ʼn leierskapsberaad in Pretoria gesê die regering moet verantwoordelikheid vir sy optrede aanvaar en ophou om apartheid te blameer. Hy het aangevoer dat die regering moontlik nog in 1994, 1995 en 1996 kon gesê het “ons het nie die ondervinding nie”, maar nou dat die land amper twee dekades van demokrasie nader, is daar geen verskonings meer nie.

“Daar is nie meer ʼn Botha-regime om oor ons skouers te loer nie, ons is vir ons eie dade aanspreeklik,” het hy gesê.

Lees ook:
Nuuskommentaar: Hou op om apartheid te blameer – Trevor Manuel
Hou op om apartheid te blameer – Trevor Manuel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anton J Jansen ·

…tensy jy ‘n towenaar is…, maar ons geagte Mnr. die President, u IS mos ‘n towenaar! Eendag was daar nog bietjie van alles, en vandat u aan bewind is, is daardie bietjies heeltemal weggetoor!

Kalie ·

Veral as dit by belastingbetalersgeld kom is u mnr die president … ‘n opregte towenaar!

William ·

As dit nie vir apartheid was nie Mnr die president kan ek u waarborg dat u nie in die pos sou wees wat u tans beklee nie.So blameer dan maar apartheid vir u voorspoed in Suid Afrika ook maar gelukkig dink almal nie soos u nie want as U as president van die land so redeneer sien ek vir ons nog maar net n donker toekoms in ons land wat alreeds vinnig op pad is om sy G#T te sien as gevolg van Korrupsie’ Bedrog Wanbestuur Moord en Verkragting .Seker ook alles Apartheid se Skuld.

Andre Wilmans ·

A bad workman always blames his tools. The problem is President Zuma hasn’t a clue which tools to use for the betterment of this country. What a total excuse of a president! There could be some funny remarks to these comments of which tool to use and for what! Hahaha

Lammetjie ·

Kyk maar net om jou om te sien hoekom daar aparte ontwikkeling was. Julle is nie 200 jaar agter omdat daar apartheid was nie. Apartheid was daar omdat julle 200 jaaar agter was en altyd sal wees totdat julle begin besef dat julle self vir julle heil verantwoordelik is.
Mens kannie intelektueel gestremdes na ‘n begaafde skool stuur vir onderrig en verwag dat hulle ook sal presteer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.