Zuma koop peperduur motor, mynwerkers krepeer

Khulubuse Zuma Foto: Sunday Times

President Jacob Zuma se omstrede neef, Khulubuse, het meer as ʼn R1 miljoen spandeer op ʼn motor vir sy verloofde terwyl sy verlate mynwerkers met brood en water tevrede moet wees.

Die Sunday Times berig dat Zuma verlede Woensdagaand vir sy verloofde ʼn silwer Maserati 2009-model gegee het by Durban se vyfster Oyster Box-hotel. ʼn Maserati verkoop vir sowat R1,6 miljoen. Dit terwyl Zuma se verlate werkers by die Grootvlei en Orkney-myne nie Kersfees kan huis toe gaan nie aangesien hulle die afgelope twee jaar nie salarisse betaal is nie. Zuma is die mede-eienaar van Aurora Empowerment Systems wat vroeër dié myne besit het. Oudpresident Nelson Mandela se kleinseun, Zondwa, is ook ʼn mede-eienaar. Aurora is intussen onder likwidasie geplaas en Zuma en Mandela word daarvan beskuldig dat hulle miljoene rande se bates by die myn geplunder het. Zuma en Mandela word tans aan ʼn ondersoek deur die meester van die hooggeregshof in Pretoria onderwerp. Die Sunday Times berig dat Zuma, ʼn direktreur en aandeelhouer van meer as 20 maatskappye, minstens twee keer per week nagenoeg R10 000 per aand by die hotel spandeer op cognac en ingevoerder Kubaanse sigare. Zuma was die afgelope week in Swaziland nadat sy verloofde se ma dood is. Vakbondleiers het Woensdag gedreig om alle moontlike stappe te neem om Zuma te dwing om die myners die nagenoeg R4,5 miljoen in salarisse te betaal wat aan hulle verskuldig is.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.