Zuma kos SA glo miljoene

Jacob Zuma Foto: GCIS

President Jacob Zuma kan die belastingbetaler glo meer as R500 miljoen kos oor vyf jaar.

Gary van Onselen, die DA se direkteur van politieke analise en ontwikkeling, het dit op sy webtuiste bekendgemaak. Hy het die ministeriële handboek gebruik om die bedrag uit te werk. “Dit was ʼn baie moeilike oefening maar deur die handboek as ʼn gids te gebruik en baie konserwatief te wees, het ek ʼn totale bedrag uitgewerk.” Die totale bedrag sluit Zuma se jaarlike salaris van R12,3 miljoen oor vyf jaar in sowel as mediesefonds- en pensioenbydraes van onderskeidelik R6,5 miljoen en R2,8 miljoen in. Die koste vir Zuma se vroue beloop glo nagenoeg R77 miljoen. “Volgens die presidensie was die begroting vir die presidensiële gade ondersteuningseenheid meer as R15 miljoen vir die 2009/2010 finansiële jaar. Die bedrag het van R4,5 miljoen in 2004/2005 na R8 miljoen in 2007/2008 na R15,5 miljoen in 2009/2010 onder Zuma toegeneem.” Zuma se private voertuie sal die belastingbetaler glo sowat R3,7 miljoen kos oor vyf jaar terwyl sy amptelike woning sowat R26 miljoen kan kos oor vyf jaar. Van Onselen sê die getalle is uitgewerk volgens Zuma wat in Mei 2009 sy termyn begin het en sy termyn wat eindig in April 2014. Die presidensie het nie op navrae gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.