President Jacob Zuma het Dinsdag in Pretoria sy slim ID-kaart van die departement van binnelandse sake ontvang.
Naledi Pandor, die minister van binnelandse sake, het die president by haar kantoor in Pretoria se middestad verwelkom. Sy het Zuma daarna deur die hele proses geneem om die nuwe slim ID-kaart uit te reik en sy kaart by die insamelingspunt aan hom oorhandig.
Oud-president Nelson Mandela, was een van die eerste persone aan wie die nuwe ID-kaart uitgereik is. Hy het sy ID-kaart op 18 Julie op sy 95ste verjaardag ontvang.
whooooppppiiiiii di ding verwag nou seker aplous