Zuma: ‘Lewe in SA het baie verbeter’

Jacob Zuma. Foto: GCIS

Suid-Afrikaners se kwaliteit van lewe het aansienlik verbeter sedert die aanvang van demokrasie, het president Jacob Zuma Donderdag aan buitelandse diplomate gesê.

“Ons het ons belofte behou om vir almal ʼn beter lewe te skep. Ons het die kwaliteit van ons mense se lewens verander,” het Zuma vandag by die presidensiële gastehuis gesê tydens ʼn besoek van verteenwoordigers van Kenia, Malawi, Frankryk, Saoedi- Arabië en Poland. “Ons het indiensneming verbeter en armoede en werkloosheid verminder. Maar ons het dit nie alleen gedoen nie eksellensies. Julle lande was elke tree van die pad daar wanneer ons vorentoe beweeg het op soek na beter geleenthede vir ons mense.” Hy het die internasionale gemeenskap, veral Afrika-state, bedank vir hulle bydrae in die stryd teen apartheid. “Binne ʼn tydperk van 19 jaar het ons van ʼn muishond-staat gevorder tot ʼn wonderlike nasie met ‘n visioenêre buitelandse beleid wat ons verhoudings met ander lande bevorder,” het Zuma gesê. Zuma het ʼn beroep gedoen op beter vennootskappe met die besoekende lande.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Betsy ·

Op watter f@#$##@ planeet is hy en van wie praat hy??? Defnitief nie vsn SA nie. Ja dit is defnitief vir hom en sy comrades a beter lewe met als wat hulle kan steel.

petro ·

Stem saam. Weet nie op watter planeet hy leef nie! Net goed vir hom en al sy comrades op die soustrein ja!

HELENA SEABORNE ·

WAT I NUT, DIE DING LEWE IN I VERBEELDINGSWERELD V SY EIE. DOM AAP.

Hans Onrust ·

en de Rand gaat over het randje en is uitgestelde ellende voor de opkomende middenklasse

JB ·

As hy so aanhou “praat” sal hy homself begin glo!! Met werkloosheid syfers wat net hoër word? Plakkerskampe wat meer word? Misdaad wat NATUURLIK afneem? Hy bly maar hoofnar van sirkus!!!

Elize Beukes ·

Whatever………. hy weet nie eers hoe om dit te spel nie. Die lewe het seker vir hom meer verbeter omrede ons tax-geld gebruik word vir hom!

Nico ·

Ja jy weet mos hoe party mense kan lieg. Het jy al ooit gehoor dat hulle n fout kan maak. Hulle is nooit skuldig aan niks want alles is mos apartheid se skuld. In 19 jaar het hul nog niks reg gemaak nie net die land bankrot gesteel en hul self verryk.Ja dit gaan wonderlik goed met hulle daar bo terwyl die res van die land vrek van die honger.

Bart van Oort ·

Wie’s die “Suid-Afrikaners” van wie hy praat? Is Blankes dan nie ook Suid-Afrikaners nie, want hulle het definitief nie voordeel getrek nie?

Rudi nieuwoudt ·

Van Zuma en sy comrades kan jy dit verstaan – hulle Afrika mentaliteit sal nooit verander nie. Wat my
verstand te bowe gaan is dat daar nog van die ou Nasionale Party mense is wat met hom saamstem.

Rena Brown ·

Weet die man waarvan by praat? Selfs sy eie mense is slegter af nou. Hy weet hoe om liegstories te verspry, maar gelukkig is almal nie idiote om hom te glo nie. Die enigste wie baat gevind het, is die spul wie hulself verryk het met belastingbetalers se geld. Zuma moet truggaan skooltoe en eers geleerdheid kry, voordat hy enigsins ‘n indruk sal maak op enige regdenkende en slim mense. Gatvol vir sy styl.

At van den Berg ·

Dit is vir my duidelik soos daglig dat Zuma
so ver uit voeling is met die werklikheid tov vordering van lewens gehalte in SA dat hy net sowel n Marsman op aarde kon wees. Vir n paar bevooregtes wat sy voorbeelde van n korupte lewenswyse vol onwaarhede en arrogansie volg is dit wel n verbeterde leefwyse, maar vir die oorgrote meerderheid van sy volglinge wat hom blindelings volg bine die ANC, en n ongeewenaarde haat koester teenoor ander wat elke dag hard werk om n bestaan te maak tov hul lewens. Wat hom die argwaan op die hals gehaal het van alle eerlike, opregte en verantwoordelike Suid Afrikaners. Dit skep n vorm van afstootlikheid sonder grense.
Dit is besonderse klad op sy mense, kultuur en algehele menswees. Wat n afskuwelike voorbeeld vir SA, Afrika en die res van die wereld.
Dink hy sy medemens is so onnosel en naief as daar geen respek getoon word vir die lewe van mense wat elke dag vemoor, verkrag en uitgebuit word, en dan die skuldiges laat wegkom deur sy inmenging op die regsbank deur middel van sy strategies geplaaste pionne.
Onthou een ding mnr. Zuma, God slaap nie….!

Johan Strauss ·

Hoe kan so mens met sy gewete saamleef? As hy die dag wakker skrik sal die wêreld seker om hom vergaan, want dan sal hy ook besef hoeveel snert hy aan die wêreld smous, maar dit is slegs die Afrikalande, met hul leiers, wat dieselfde intelligensievlak as hy het, wat sy twak glo. Onintelligent is hulle, want Suid-Afrika is ‘n tasbare voorbeeld van agteruitgang, ‘n land wat aan eerste-wêreld standaarde gegrens het en verval het in ‘n derde-wêreldse hool. Sakesentra wat geskaak is en omskep is in dwelmneste deur ontwortelde Afrika-buitelanders, (sy gesante). Prima plase, die ruggraat van ‘n soliede landbouekonomie en wat voedselsekerheid verskaf het, werk aan duisende huishoudings verskaf het en daarmee saam honderd-duisend honger monde gevoed het (op hierdie plase), lê bar en vergaan, toegegroei met bos en daggaplante. Opstalle wat met swaarverdiende geld en handearbeid opgerig is, staan as murasies, getuienis van die barbaarse mentaliteit van afbreek en nie opbou nie, Wildsplase wat ‘n onuitbare bron van valuta was, word oorbewei deur bosluisdraende baster beeste en die sinkkayas verdwerg die murasies van eens luukse lodges. Eerste-wêreldse infrastruktuur is stelselmatig ‘verbeter’ tot die ‘standaarde’ waarna Zuma verwys, slaggate en dongas wat selfs sy “comrades” met hul “bicycles” vermy.

“Binne ʼn tydperk van 19 jaar het ons van ʼn muishond-staat gevorder tot ʼn wonderlike nasie met ‘n visioenêre buitelandse beleid wat ons verhoudings met ander lande bevorder,” het Zuma gesê. Hierdie visioenêre buitelandse beleid het gemaak dat die inwoners van hierdie land vandag swaarder kry as nog ooit van tevore, want soos hy geld spandeer het om in hul agterente op te kruip, het die land vergaan en in die proses, waar sy eie rykdom gegroei het, van ‘n bankrot opset wat deur die Sheik-gespuis gered moes word, tot die Nkandla paleis, het sy landgenote verarm.

ZUMA WAAR KOM JY VANDAAN? WORD WAKKER JOU IDIOOT!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.