Zuma maak verskuiwings in die kabinet

Mangwashi Victoria Phiyega, die nuwe nasionale polisiekommissaris Foto: Elmond Jiyane

President Jacob Zuma het Dinsdag verskuiwings in die kabinet by die Uniegebou in Pretoria aangekondig.

Die veranderinge is hoofsaaklik as ʼn gevolg van bedankings en die onlangse afsterwe van Roy Padayachee van die departement openbare werke en administrasie. Lindiwe Sisulu word uit die ministerie van verdediging na dié departement verskuif. Nosiviwe Mapisa-Nqakula skuif uit korrektiewe dienste na verdediging en Sibusiso Ndebele sal haar plek by korrektiewe dienste inneem. Ben Martins vervang Ndebele as minister van vervoer.

Zuma het ook aangekondig dat die nasionale polisiekommissaris, Bheki Cele, wat tans geskors is, afgedank word weens sy rol in die omstrede polisie-hoofkantoor transaksie. Mangwashi Phiyega is nou die nuwe nasionale polisie kommissaris. Voor dié aanstelling het Phiyega lank as voorsitter en raadslid by Absa gedien. Sy is die eerste vroulike polisiekommissaris vir Suid-Afrika.

Klik hier om pres. Zuma se volledige toespraak te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.