Zuma: ‘Mandela op nuwe banknote’

Oud-president Nelson Mandela. Foto: GCIS

Die gesig van oud-president Nelson Mandela sal op ʼn nuwe reeks banknote verskyn het president Jacob Zuma Saterdag aangekondig.

Die aankondiging kom op die 22ste herdenking van Mandela se vrylating uit die tronk. Zuma het aan verslaggewers in Pretoria gesê die nuwe banknote het ten doel om Suid-Afrikaners te laat onthou wat hulle vermag het. Die nuwe note sal dieselfde waarde, kleur en grootte wees as die huidige reeks maar die voorkant van die noot sal ʼn gravering bevat van Mandela wat spesiaal ontwerp is. Die ander kant van die note sal ʼn beeld van die groot vyf bevat. Die hoof van die reserwebank, Gill Marcus, en die minister van finansies, Pravin Gordhan, het die mediakonferensie bygewoon. Marcus sê die nuwe note sal teen die einde van die jaar stelselmatig ingefaseer word. Die huidige reeks note sal steeds gebruik kan word. Muntstukke word nie in die stadium geraak nie. Die rand het vroeër Saterdag met sowat 2,5% tenoor die dollar getuimel weens ʼn gebrek aan besonderhede oor Zuma se aankondiging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.