Zuma nog stil oor Cele

Bheki Cele. Foto: GCIS

Nog geen amptelike aankondiging is oor die lot van Bheke Cele, geskorste polisiekommissaris, gemaak nie. Dit volg ná verskeie gerugte dat president Jacob Zuma hom die trek pas gaan gee.

Die presidensie het Maandag gesê dit is vir hom onmoontlik om te sê wanneer Zuma ‘n aankondiging gaan maak.

Die president het Vrydag met Cele in Durban vergader, maar geen besonderhede oor die vergadering is bekendmaak nie. Mac Maharaj, die presidensiële woordvoerder, hou vol dat dit bloot bespiegelings is dat ‘n Raad van Ondersoek aanbeveel het dat Cele afgedank moet word. Hy het gesê Zuma sal ‘n aankondiging maak wanneer die proses afgehandel is.

Intussen het Cele gesê hy sal sy posisie opgee as Zuma dit van hom versoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.