Zuma ontplooi soldate na Marikana

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zum het ontplooiing van soldate van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) na Marikana in Noordwes goedgekeur.

Die soldate sal tot Januarie in die gebied aktief wees om orde in dié onbestendige gebied te handhaaf, berig EWN. Werknemers van die Lonmin-myn in Marikana het Donderdag ná ‘n ooreenkoms met Lonmin-base bereik is, teruggekeer werk toe. ‘n Salarisverhoging van 22% is toegestaan met ‘n eenmalige bonus van R2 000 indien die werknemers Donderdag sou terugkeer werk toe.

Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, het gesê die SAW-lede sal die polisie in die gebied ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.