Zuma onttrek alle naamskendingseise

Zapiro is een van die kunstenaars wat onder Zuma se regspan sou deurloop

President Jacob Zuma het glo alle uitstaande naamskendingsklagtes teen die media onttrek.

“President Zuma het, in konsultasie met sy regspan, besluit om alle eise teen die verskeie entiteite te onttrek om dié sake te beëindig, aangesien talle van dié sake aanhangig gemaak is voordat hy as president verkies is,” het Mac Maharaj, woordvoerder vir die president, gesê. Die materiaal, tussen 2006 en 2010, het Zuma aangemoedig om regstappe teen verskeie mediagroepe en individue, wat met hulle vereenselwig word, te doen. Hy voel nou dat “gemeet teen die breër nasionale belang en uitdagings wat die land in die gesig staar, moet sy persoonlike sentiment nou agterweë gelaat word”.

Maharaj sê Zuma beskou die strokiesprente en artikels as naamskending, of dat dit “sy goeie naam en in sommige gevalle die kantoor van die president se naam skaad”. In sommige gevalle skets dit swart mans in ‘n negatiewe lig met “skynheilige en rassistiese ondertone en innuendo”.

Maharaj sê die besluit is “teen die breër agenda van versoening en nasiebou” geneem.

Die president beplan ook om benadeling en ongelykheid deur regeringsprogramme aan te spreek en beter werksverhoudinge met “eendersdenkende belangegroepe” te vorm.

Dario Milo, mediaprokureur van Webber Wentzel, wat die verdediging op sowat die helfte van die sake hanteer, het die besluit verwelkom. “Ek dink die blote omvang van die eise deur die president was nadelig vir vryheid van uitdrukking,” het Milo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.