Zuma paai landelike armes

President Jacob Zuma

President Jacob Zuma

Johannesburg – President Jacob Zuma het die versekering gebied dat die ANC nie die landelike armes in die steek sal laat nie, het die SABC Woensdag berig.

“Hierdie is prioriteite vir ons en ek is seker ons sal hierheen terugkeer,” het hy gesê tydens sy veldtog in Msinga buite Pietermaritzburg – een van vier sub-streke wat onder IFP-beheer is.

“Ek het dit vandag gesê en dit is nie net omdat ek dit sê dat mense vir die ANC sal stem nie – soos julle kan sien, het hulle in groot getalle opgedaag.

“Mense sê nou dat die tyd hier in Msinga gekom het om te stem vir die organisasie van die mense. Ons sal hulle nie teleurstel nie. Dit is waarom ek die kwessie van raadslede en raadslede se benadering tot gemeenskappe met hulle opgehaal het,” het Zuma gesê.

Inwoners het gekla oor ‘n gebrek aan skole, water en gesondheidsfasiliteite. Zuma het gesê die ANC neem alle klagtes ernstig op en sal ná die verkiesing daarna omsien.

Zuma het volgens die SABC vroeër beklemtoon dat nasionalisering nié ‘n ANC-beleid is nie.

Hy het gereageer op die besorgdhede van sakemense, veral boere, oor die ANC-Jeugligaleier, Julius Malema, se beroep om myne te nasionaliseer by ‘n vergadering in Greytown.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.