Zuma pas R4 miljoen-eis teen Zapiro aan

Jacob Zuma. Foto: GCIS

Dario Milo, die regsverteenwoordiger van die Sunday Times, het bekendgemaak dat president Jacob Zuma sy eis teen die spotprentkunstenaar Zapiro aangepas het. Zuma het sy eis van R4-miljoen tot R100 000 verminder.

Dit volg nadat Zapiro ʼn spotprent geteken het waarin dit lyk of die president ‘n vrou, wat die land se regstelsel verteenwoordig, gaan verkrag. Die spotprent is op 7 September 2008 in die Sondagkoerant gepubliseer. Zuma het die klag in Desember 2010 aanhangig gemaak.

Volgens Milo het Zuma ook ‘n klag dat Zapiro die president se waardigheid geskend het, laat vaar. Zuma hou egter vol dat die spotprent sy aansien benadeel het en eis ʼn formele verskoning. Milo sê daar is ‘n geringe verskil tussen waardigheid en aansien.

Die saak gaan Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof aangehoor word.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.