Zuma: ‘Plaasaanvalle nie rasgedrewe’

President Jacob Zuma het in ʼn onderhoud met ʼn dagblad gesê plaasaanvalle is nie rasgedrewe nie.

Zuma het in ʼn onderhoud met die Volksblad gesê omdat baie plaasaanvalle op wit kommersiele boere se plase plaasvind, lyk dit of dit rasgedrewe is maar moet dit gesien word binne die konteks van die hoë voorkoms van misdaad in die land. Hy sê daar word ook baie moorde in die townships gepleeg maar daar word nie altyd daaroor in die media berig nie. Zuma het wel gesê die regering verwerp plaasaanvalle en dat hulle sal aandag gee aan boere se besware dat die omvattende landelike veiligheidsplan nie op grondvlak tot uitvoer kom nie. Hy sê die minister van polisie, Nathi Mthethwa, het reeds vroeër gesê dat plaasaanvalle vir die polisie net so groot prioriteit is soos enige ander misdaad.

Lees meer hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.