President Jacob Zuma spandeer die eerste dag van die kieserregistrasienaweek by sy huis in Nkandla, KwaZulu-Natal, het die presidensie in ‘n verklaring gesê.
Zuma het vroeër twee kieserregistrasiepunte by die laerskole in Halambu en Ntolwane besoek. “Hy is tevrede met die hoeveelheid kiesers wat opgedaag het, veral die jongmense wat aangedui het dat hulle vir die eerste keer op 7 Mei sal stem,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die president, gesê.
Zuma sal Sondag ook rustig by Nkandla spandeer voor die Staatsrede wat op 13 Februarie gelewer word.
Hy moet seker ook maar tyd maak om al sy koeie te dek.
Met meer as R200 miljoen se sekuriteits opgraderings met ander mense se belasting geld wat hulle HARD aan verdien het om vir Stortkop te “SKENK,” sou ek ook “Rustig Verkeer” het by my huis!!!!!
Dalk net n stort nodig gehad…..
Gawie….miskien ook tyd maak om al sy verse te dek!!