Zuma sal glo bewys verband bestaan

Zuma se Nkandla-tuiste. Foto: City Press

Die presidensie sê hy sal bewys lewer dat president Jacob Zuma ʼn verband het op sy tuiste in Nkandla, KwaZulu-Natal.

“Die bewys sal beskikbaar gemaak word aan ʼn gemagtigde agentskap of instelling wat bemagtig is deur die wet van die land,” het Zuma se woordvoerder, Mac Maharaj, in ʼn verklaring gesê. “Dit sal nie aan die media vrygestel word nie ten einde die privaatheid van die president sowel as kliënt-instelling vertroulikheid te respekteer.” Maharaj het weereens bevestig dat die president ʼn verband het op sy tuiste by een van die nasionale banke. Hy sê die presidensie neem kennis van mediaberigte wat beweer dat hy die Nasionale Vergadering mislei het. City Press het Sondag berig dat daar geen verband op Zuma se tuiste geregistreer is nie. Die Mail & Guardian het Dinsdag berig dat Zuma ʼn verband van R900 000 op sy Nkandla-tuiste het. Zuma het glo in 2002 die huislening by FNB gekry. Die bestaan van die verband is bevestig in die oorspronklike akte van beskuldiging teen Schabir Shaik, Zuma se voormalige finansiële adviseur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.