Zuma se broerskind skuld duisende rande se boetes


Khulubuse Zuma. Foto: Sunday Times

President Jacob Zuma se broerskind, Khulubuse Zuma, skuld die eThekwini-metropolisie meer as R28 000 se boetes vir uitstaande verkeersoortredings.

Khulubuse is een van die direkteure van Aurora, wat verantwoordelik is vir die grootskeepse plundering van die Grootvlei- en die Orkney-myn. Aurora is ook nou in likwidasie en Khulubuse en die maatskappy se ander direkteure is aanspreeklik vir die maatskappy se skuld.

Volgens die Mercury is lasbriewe vir R10 000 reeds aan hom gerig. Van die boetes dateer terug tot Januarie 2010 en is vir verskeie oortredings uitgeryk.

Maroela Media het vroeër vanjaar berig dat Khulubuse op 9 Januarie in hegtenis geneem is nadat hy teen 181km/u betrap is in sy silwer Maserati. Hy is in hegtenis geneem en het op 10 Januarie in die Umhlali landdroshof verskyn waar hy skuld erken het en ʼn boete van R3 000 opgelê is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.