Zuma se motors vir ‘n appel en ‘n ei verkoop

Khulubuse Zuma. Foto: Sunday Times

Drie luukse motors en ander huishoudelike goedere wat aan Khulubuse Zuma, president Jacob Zuma se neef, behoort is op ʼn veiling verkoop om die beleërde Aurora Empowerment Systems se skuld te delg.

The Times berig dat BMW’s, ʼn reuse televisiestel, ʼn eetkamertafel, stoele, mikrogolfoond, wasmasjien en tuinstel Maandag op ʼn veiling in Verulam, noord van Durban, verkoop is. Volgens die berig is daar slegs sowat R160 000 gemaak van die veiling. Die veiling kom na Protea Coin ʼn uitvoeringsbevel bekom het ten einde die R10 miljoen wat aan die maatskappy geskuld word deur Aurora Empowerment Systems in te vorder. Zuma is een van die direkteure van Aurora, wat verantwoordelik is vir die grootskeepse plundering van die Grootvlei- en die Orkney-myn. Aurora is ook nou in likwidasie en is Zuma en die maatskappy se ander direkteure nou aanspreeklik vir die maatskappy se skuld. Protea Coin het sekuriteit verskaf by die twee myne. Die maatskappy kan ook nou om ʼn uitvoeringsbevel aansoek doen om beslag te lê op Zuma se vaste bates, soos sy huis in Umhlanga. Zuma se BMW 7-reeks is gister vir R88 000 opgeveil, terwyl die BMW 5-reeks vir R14 700 verkoop is en die BMW 3-reeks vir R15 500 verkoop is.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.