Zuma sê SA is ‘n baie beter plek

President Jacob Zuma het Maandag gesê Suid-Afrika is nou beter daaraan toe as voor die aanvangs van demokrasie.

“Suid-Afrika is nou ‘n baie beter plek as wat dit voor 1994 was, en die afgelope vyf jaar het dié verandering selfs nog vorentoe gedruk,” het Zuma in Parktown, Johannesburg, aan die nasionale redakteursforum (Sanef) gesê.

“Die land se prestasies en die prestasies van die ANC ontvang egter nie die nodige blootstelling nie,” het hy bygevoeg. “Ons het meer poste geskep en maatskaplike toelaes voorsien. Dit het van 2.5 miljoen in 1993 tot 16 miljoen tot op hede toegeneem, wat as indrukwekkend en progressief beskou kan word vir ‘n ontwikkelende land.”

“Die Suid-Afrikaanse ekonomie het in die afgelope 19 jaar met 83% gegroei. Nasionale inkomste per capita het van R27 500 in 1993 tot R38 500 in 2012 toegeneem, wat ‘n groei van 40% verteenwoordig. Huishoudelike besteebare inkomste per capita het sedert 1994 met 43% toegeneem. Algehele indiensneming het met meer as 3.5 miljoen toegeneem.”

Zuma sê alle tipes misdaad, met die uitsondering van witboordjiemisdaad, het in die afgelope 19 jaar afgeneem. “Ons erken ook dat die staatsdiens steeds beter moet presteer, om dienslewering te verbeter.”

Hy sê die nasionale ontwikkelingsplan (NOP) is ontwerp om die land se probleme aan te spreek. “Die plan identifiseer drie sleutelprioriteite wat dringend aangespreek moet word. Dit is om indiensneming te bevorder, die gehalte van onderwys te bevorder en om ‘n bekwame ontwikkelingstaat te bou.” Die regering en die ANC het die prioriteite, wat in die NOP uiteengesit is, goedgekeur. Dit beteken dat 11 miljoen poste geskep moet word en dat algehele indiensneming van 13 miljoen tot 24 miljoen teen 2030 moet toeneem.

Zuma sê die ANC sal die inwerkingstelling van die NOP by sy volgende lekgotla bespreek.

Hy sê hy is ook tevrede met die ingryping wat adjunk president Kgalema Motlanthe in die mynbedryf bewerkstellig het. “Ons is tevrede met die vooruitgang tot dusver en verwag binnekort ‘n oplossing. Zuma hou Motlanthe aanspreeklik om verhoudings tussen die vakbonde en mynmaatskappye te verbeter om stabiliteit in die mynbedryf te verseker. Dié bedryf word geteister deur stakings en geweld, veral in die Rustenburg-platinumgordel.

Zuma sê die regering sien uit na die amptelike besoek van die Amerikaanse president, Barack Obama, op 28 Junie. “Dit is ‘n betekenisvolle besoek, aangesien Amerika ‘n groot handels-, beleggings-, toerisme- en tegnologievennoot vir Suid-Afrika is.” Amerika het sowat 600 maatskapye wat binne die Suid-Afrikaanse ekonomie handel dryf, het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

di ou donner het sy ouma se vrot sokkies gesnuif. so mal soos i haas as jy my vra. BETER? hahahahahahaha vir hom en sy handlangers ja.

H J Bester ·

Zuma se inligting oor die vordering oor ‘n wye gebied in Suid-Afrika, is ietwat verouderd en kon dit dalk elders in die verlede so rooskleurig wees. Tans lyk die prentjie egter bleker as was Zuma en sy ANC-regering dalk besef. So, sy mooi uitsprake het dalk maar net die motief om politieke punte aan te teken.

Die Rand/US$-waarde is alreeds vir geruime ‘n probleem omdat dit alles wat aangekoop word, duurder maak waarvan brandstof ‘n groot komponent buiten alle ander duursame goedere en toerusting.

Verder skep stakingsgeweld en ‘n groterwordende werkloosheidskorps ‘n al groter negatiewe siening by veral die Westerse Wêreld en is beleggers baie lugtig om beleggings in Suid-Afrika te maak. Inteendeel die vloei van fondse landuit, raak al groter – in alle gevalle noodsaaklike fondse wat die ekonomie moet stimuleer en laat groei. ‘n Heelwat kleinder groeikoers word in die vooruitsig gestel en sal dit ‘n verdere negatiewe effek op werkskepping hê. Die groterwordende getalle werkloses, word al meer ‘n kookpot vir oproer en later anargie.

So, Zuma en sy ANC-regering moet nie te gerus wees met die stand van sake in Suid-Afrika nie. Hoe Zuma sy verkiesings-praatjies ookal inkleur, die waarheid gaan hom wel agterhaal en dit sal weerspieël in die 2014-verkiesingsuitslag – die ANC gaan heelwat swakker daarvan afkom.

Kaspaas ·

Die probleem met die tipe uitlatings is dat die lede van ons bevolking samestelling wat so maklik intimideerbaar is, so iets opvreet vir soetkoek en maar net weer vir die ANC sal stem, want Zuma se dan mos vir hulle dat alles net beter is. Ek kan egter nie glo dat tussen 52-60 Moorde per dag, BETER is as wat in die vorige bedeling plaasgevind het nie. HOekom se al hoe meer mense op grandvlak – en hulle het dit self vir Zuma gese toe hy kom plakkerskampe in die Kaap besoek – dat die oorgrote meerderheid swart mense beter daaraan toe was onder apartheid as nou. Al swartes wat nou beter daaraan toe is, is die wat in BEE poste sit, voordeel trek uit staats tenders ens ens. Dieselfde mense wat in plakkerskampe gebly het voor-94 , bly nog steeds daar, inteendeel daar is nou meer mense van alle kleure en geure in plakkerskampe as voor 1994.

Hettie Lombard ·

Ekskuus, julle raak paniekerig, dis hoekom julle hierdie snert verkondig!! Want hierdie land gaan al hoe meer agteruit by die dag, julle tyd loop uit….

piet ·

HYNPRAAT SO BAIE K@K HY GLO HOMSELF. NOU VRA EK MAAR NET WAARVOOR AL DIE GELD SPANDEER OP VEILIGHEID BY ZUMAVILLE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.