Zuma se seun – duur motor en meubels gevat

Die balju het Vrydag op Zuma se seun, Edward, se BMW X5 en ander meubels beslag gelê nadat hy nie sy troubeplanner se rekening betaal het nie. Foto: gabbyautomotive.com

Die balju het Vrydag op pres. Jacob Zuma se seun, Edward, se BMW X5 en meubels beslag gelê.

Die Sunday Times berig dat die Durbanse hooggeregshof aan Paul Mann, ʼn bekende troubeplanner, toestemming gegee het om op Edward Zuma se bates beslag te lê nadat hy nie sy rekening van R1,5 miljoen betaal het nie.

Edward het in Oktober verlede jaar met Phumelele Shange by die Tala-natuurreservaat in KwaZulu-Natal getrou. Mann het die troue vir die paartjie beplan.

Die balju het saam met polisiebeamptes sy voertuig gevat. Hulle het ook rusbanke, ʼn yskas, en ʼn hoëtroustel, asook kamp- en kroegstoele uit sy huis in Kentuckystraat in die noordelike voorstede van Durban verwyder.

Edward se prokureur het egter ingegryp en die goedere is aan hom terugbesorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.