Zuma se seun moontlik vir strafbare manslag ondersoek

Duduzane Zuma Foto: africa.widmi.com

Duduzane Zuma Foto: africa.widmi.com

Die polisie in Gauteng wil nie kommentaar lewer oor besonderhede van ʼn ongeluk in Sandton waarby president Jacob Zuma se seun glo betrokke was nie, berig EWN.

Die Ilanga-koerant in KwaZulu-Natal berig Duduzane Zuma was verlede naweek betrokke in ʼn ongeluk waartydens een persoon gesterf en twee beseer is.

EWN berig dat die Johannesburgse metropolisie en polisie in Gauteng die ongeluk verlede Saterdag omstreeks 23:00 in Graystonrylaan in Sandton bevestig het. ʼn Porsche en ʼn taxi was glo betrokke in die ongeluk, maar volgens EWN wil die polisie nie verdere besonderhede verskaf oor die persoon wat in die ongeluk betrokke was nie.

Volgens die Ilanga-koerant word Zuma se seun vir strafbare manslag ondersoek, maar die owerhede wil dit nie bevestig nie. Die saak word nog ondersoek.

Niemand anders is nog in verband met die ongeluk in hegtenis geneem nie.

Bron: EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eugenie ·

Nou ja toe, Zuma se seun in die Porsche, en die alewige taxi’s. Indien Zuma se seun skuldig is, moet dit presies hanteer word soos enige ander saak in die verband. Hy is NIKS beter as enige ander landsburger nie. Wat vir een geld, is veronderstel om vir almal te geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.